Vermeende stropers val NCPF-lede aan
Inwoners van Kalkfeld dien vanoggend ‘n versoekskrif by die hof in om te keer dat borgtog aan vermeende stropers toegestaan word.
Elvira Hattingh
Lede van die Nossob Misdaadvoorkomingsforum (NCPF) het die afgelope Donderdagoggend in lewensgevaar verkeer nadat hulle ‘n voertuig, met vermoedelik gesteelde wildsvleis daarin, agterna gesit het.
Hulle het die motor as die eiendom van ‘n “bekende verdagte” op Witvlei herken.
Die motor het teen klippe in Witvlei se nuwe informele nedersetting vasgery, waarna twee insittendes uitgespring en weggehardloop het. Die derde verdagte het egter gefluit en geroep, waarna sowat tien mense opgedaag en die forum se lede met klippe gegooi en met pangas gedreig en geslaan het totdat hulle terug na hul voertuig moes vlug.
“Ons lewens was in gevaar!” het een van die NCPF-lede aan Republikein gesê, wat vir eers anoniem wil bly. Hy sê op die verdagte voertuig se agterste sitplek was die opgesnyde karkas van ‘n gemsbok.
“Dit was bo-op ‘n laken gepak, wat gedoen word sodat enige bewyse soos bloed makliker verwyder kan word.
“Die mense het toe die karkas in die bosse ingedra. Hulle het nog probeer om die voertuig weg te ry, maar kon nie daarin slaag nie. Dit het seker te veel skade opgedoen,” het hy gesê.
Die NCPF-lede sê hulle het die polisie gekontak, maar die polisie se reaksietyd was baie stadig en hulle het dus niks buiten die voertuig op die toneel gevind nie.
“Ek is later deur dieselfde verdagte by sy huis gevloek en gedreig. Hy het vir my gesê hy sal nog ‘n plan maak om my te kry,” het die een NCPF-lid aan Republikein gesê, wat nog dieselfde dag ‘n saak by die polisie teen die verdagte aanhangig gemaak het.
Die verdagte se naam kan ook nie bekend gemaak word totdat hy in die hofverskyning het nie.
REAKSIE
Die NCPF se die hele petalje het gevolg nadat hulle op ‘n boer se hulproep reageer het wie se werkers honde op sy plaas gehoor blaf het. Die boer het langs die B6-teerpad gesit om enige verdagte motors of bewegings dop te hou.
Die boer het toe ‘n motor by een van sy veeposte teen die pad opgemerk, wat daar omgedraai en met ‘n hoë spoed in die rigting van Witvlei gejaag het.
Die NCPF sê dit is nie die eerste keer dat die spesifieke verdagte sulke dreigemente teenoor lede van die forum opper nie.
“Hierdie man staan bekend as een van twee prominente verdagtes op Witvlei. Hulle regeer die nedersetting en die polisie is of magteloos of hulle doen niks nie.
“Die vermoede bestaan dat hy ook met ander misdade verbind word.
“Die situasie is kommerwekkend en dit raak al hoe erger. Dit volg nadat ‘n ander sekuriteitsmaatskappy in 2019 ook ‘n noue ontkoming met die persoon gehad het, waartydens sy medewerkers op lede van dié maatskappy toegesak het,” is vertel.
“Absoluut niks word teen die persoon gedoen nie en daar het ook nog niks van hierdie 2019-saak gekom nie.
“Ons probeer net ons werk doen,” het hy gesê.
PROTES OP OTJIWARONGO
Intussen sal lede van die Kalkfeld Boerevereniging vanoggend met ‘n versoekskrif by die landdroshof op Otjiwarongo opdaag om te probeer verhoed dat vier vermeende stropers wat verlede naweek vasgetrek is, op borgtog vrygelaat word.
Dit volg nadat veediefstal en stropery boere van die gebied tussen Januarie en November vanjaar reeds meer as N$1,3 miljoen uit die sak gejaag het.
Lede van dié boerevereniging het op Sondag 5 Desember daarin geslaag om vier vermeende stropers vas te trek terwyl hulle met, wat vermoedelik gesteelde vleis was, in hul private voertuig gery het.
‘n Aanlyn versoekskrif is verlede week opgetrek om te keer dat borgtog aan hulle toegestaan word.
“Stropery en veediefstal is ‘n groeiende misdaad, waardeur alle boere van ons geliefde land geteister word.
“Drastiese en onmiddellike optrede is nodig teen alle vorme van stropery en veediefstal – asook teen die wat die gesteelde vleis vervoer en verkoop,” lui die aanlyn versoekskrif. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie