Vermeende toerisverkragter vasgetrek
Francoise Steynberg - Die vermeende verkragter van 'n Duitse toeris (32) is verlede Donderdagaand op 'n plaas buite Aus vasgetrek.
Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se streekskommissaris van die //Kharasstreek, komm. Rudolf Isaak, is die 32-jarige verdagte Donderdag omstreeks 22:00 op die plaas Sollider sowat 70 km buite Aus tussen dié Suidedorp en Helmeringhausen deur plaaswerkers gevang.
"Hulle het hom vasgebind en die boer het hom na die polisiestasie op Aus geneem," het Isaak gesê.
Dít volg nadat Nampol al die boere in die omgewing van Aus, Helmeringhausen en Bethanie gewaarsku het om op die uitkyk vir die man te wees wat ook op borgtog vrygelaat is nadat hy van roof en aanranding met die opset om ernstig te beseer, aangekla is.
Hierdie misdade het hy glo in die Aus-omgewing gepleeg.
“Ons het slapelose nagte oor hom gehad, maar die area vir hom warm gemaak,” het Isaak gesê nadat spoorsnyers en ’n polisiehelikopter ingespan is om die verdagte te vang.
Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy ’n Duitse vrou verlede Maandagaand op die plaas Barbie in die Bethanie-distrk verkrag het. Volgens die polisie het die man haar kamerdeur met 'n onbekende voorwerp oopgebreek terwyl sy geslaap het. Hy het glo geld en waardevolle items van haar geëis, waarna hy haar verkrag het.
Die avontuurlustige toeris het Afrika vroualleen van Egipte af met haar fiets tot in Namibië deurkruis.
Die verdagte het verlede week in die berge in die omgewing van Helmeringhausen weggekruip en die polisie het Donderdagoggend sy slaapplek in die berge op die plaas Tiros in die Helmeringhausen-distrik met die gesteelde selfoon en N$500 kontant van die toeris, asook gesteelde goedere van die plaas, daar gevind.
Hy sal Maandag in die hof op Bethanie verskyn en Isaak sê borgtog sal sterk teengestaan word.
Buitelandse toeriste word toenemend meer misdadigers se teikens. Derhalwe het Nampol 'n eenheid spesiaal vir die beskerming van toeriste gestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie