Vermeende tref-en-trapper kan nie borgtog betaal
Vermeende tref-en-trapper kan nie borgtog betaal

Vermeende tref-en-trapper kan nie borgtog betaal

Yolanda Nel
Yolanda Nel – Die motorbestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy 'n fietsryer raakgery en daarna weggejaag het, is borgtog toegestaan, maar is steeds in aanhouding.

Die beskuldigde, mnr. Jeff Gawiseb, het Maandag in die landdroshof op Okahandja verskyn. Borgtog is toegestaan en die bedrag beloop N$4 000. Volgens inligting kon Gawiseb dit nie betaal nie en bly hy in aanhouding.

Hy word daarvan beskuldig dat hy die fietsryer Christiaan Bean verlede week naby die Ovitoto-afdraai buite Okahandja raakgery het en daarna van die toneel gevlug het. Bean is dwarsdeur die motor se voorruit en het binne-in die voertuig beland.

Hy is eers in die Okahandja-staatshospitaal behandel en gestabiliseer, voor hy per ambulans na die Lady Pohamba private hospitaal oorgeplaas is.

Bean se skouer en heup het beide frakture opgedoen en sy knie is ernstig beseer. Hy het gister 'n operasie aan sy knie ondergaan. Hy was besig met voorbereidings vir vanjaar se Desert Dash toe hy raakgery is. Bean het verlede jaar 5de in die solo-resies geëndig. Hy en sy vrou, Silke, sou vanjaar as 'n tweemanspan deelgeneem het.

Gawiseb se saak is tot 29 November uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!