Vermeende veediewe gewapen met slagmesse, soetwyn
Ronelle Rademeyer - ‘n Boer van Rehoboth het Maandag op pad terug van ‘n hofsaak af oor ‘n veediefsaak op sy plaas twee jaar gelede, hom weer in vermeende veediewe vasgeloop wat besig was om bokke aan te keer.
Vier mans (foto) van Rehoboth-stasie buite Rehoboth sal na verwagting môre (Woensdag) in die Windhoek Landdroshof in Katurura verskyn nadat hulle Maandag op heterdaad betrap is toe hulle na bewering besig was om ’n troppie bokke uit die veld na die openbare pad aan te keer.
Die mans is deur dr. Uli Bräuer gewaar toe hy van Dordabis af op pad terug was na sy plaas, Kous, toe. Die voorval het op die C25-gruispad tussen Rehoboth-stasie en Uhlenhorst plaasgevind.
Mnr. Rainer Ling, ’n boer van die omgewing wat teenwoordig was toe die mans in hegtenis geneem is, sê Bräuer was juis op pad terug van ’n hofsaak af wat verband hou met ‘n veediefstalsaak op sy plaas sowat twee jaar gelede.
Buiten die slagmesse wat in hul voertuig gevind is, was daar ook ’n 2 liter-kan soetwyn; vermoedelik om “die jagters in die regte gees te kry”, sê Ling.
Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie