Vermeende verkragter naby Aus vasgetrek
Vermeende verkragter naby Aus vasgetrek

Vermeende verkragter naby Aus vasgetrek

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die vermeende verkragter van 'n Duitse toeris is gisteraand op 'n plaas buite Aus vasgetrek.

Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se streekskommissaris van die //Kharasstreek, komm. Rudolf Isaak, is die 32-jarige verdagte omstreeks 22:00 gister op die plaas Sollider, 70 km buite Aus tussen dié Suidedorp en Helmeringhausen, deur plaaswerkers gevang.

"Hulle het hom vasgebind en die boer het hom na die polisiestasie op Aus geneem," het Isaak gesê.

Dit volg nadat Nampol al die boere in die omgewing van Aus, Helmeringhausen en Bethanie gewaarsku het om op die uitkyk vir die man te wees wat voortvlugtend was. Die verdagte was op borgtog vrygelaat nadat hy van roof en aanranding met die opset om ernstig te beseer, aangekla is.

"Ons het slapelose nagte oor hom gehad, maar die area vir hom warm gemaak," het Isaak gesê nadat spoorsnyers en 'n polisiehelikopter ingespan is om die verdagte te vang.

Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy 'n Duitse vrou (32) Maandagaand op die plaas Barbie in die Bethanie-distrk verkrag en beroof het. Sy het vroualleen vanaf Egipte met haar fiets Afrika tot in Namibië deurkruis.

Die verdagte het in die berge in die omgewing van Helmeringhausen weggekruip en die polisie het Donderdag sy slaapplek met gesteelde goedere van die toeris en 'n ander plaas daar gevind.

Hy sal Maandag in die hof op Bethanie verskyn en Isaak sê borgtog sal sterk teengestaan word.

Die slagoffer is tans in Windhoek waar sy versorg word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!