Vermeende vleisdiewe terug in hof
Mnr. Herman |Honeb, Hentiesbaai se burgemeester, en mnr. Walter ||Hoeseb, sy medebeskuldigde, het Dinsdag hul tweede hofverskyning in verband met beweerde vleisdiefstal gemaak.
|Honeb (54) en ||Hoeseb (37) is verlede maand in hegtenis geneem.
|Honeb is daarvan aangekla dat hy vleis aanvaar het of gekoop en vervoer het sonder die voorgeskrewe dokumente, terwyl ||Hoeseb na bewering 'n volledige beeskarkas ter waarde van N$8 000 sonder ’n permit aan |Honeb verkoop het.
||Hoeseb het nie 'n regsverteenwoordiger nie, maar het aan die hof gesê hy word deur adv. Vetu Uanivi verteenwoordig.
Die aanklaer, mnr. Dalon Quickfall, het aan die hof gesê alle verklarings is reeds geneem en die ondersoek is in 'n gevorderde stadium.
Volgens Quickfall ontbreek slegs foto's van die misdaadtoneel. Hy het gevra of die verhoor tot 27 September vanjaar uitgestel kan word.
Mnr. Shakespeare Masiza, ’n prokureur, verteenwoordig |Honeb en het die hof en die ondersoekbeampte gevra om seker te maak dat daar geen verdere vertragings as gevolg van onvolledige ondersoeke is nie.
"As dit gebeur dat ons weer hier kom en die ondersoek is nie voltooi nie, stel ek voor dat die saak van die rol geskrap word. Iemand doen duidelik nie sy werk nie," het Masiza gesê.
Hy het gesê sy kliënt is vinnig in hegtenis geneem, maar nou sloer die polisie met hul ondersoek.
Masiza het voorgestel die volgende hofverskyning moet gebruik word om 'n proefdatum vas te stel.
Die verhoor is tot 27 September uitgestel en die verdagtes is op borgtog vrygelaat. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie