Vermeende Windhoek-skieter in hof

Tanja Bause
Tanja Bause – Die man wat na bewering verantwoordelik was vir Maandag se skietvoorval in die middestad waarin 'n hooggeplaaste in gesondheidskringe gesterf het, het gister tydens sy eerste hofverskyning kalm voorgekom terwyl die hartseer familie van slagoffers mekaar vertroos het.

Mnr. Simataa Simasiku (33) het gister in die Windhoek-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

Hy het na bewering Maandag in die City Centre-gebou in Windhoek se middestad op twee vroulike kollegas in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste losgebrand.

Me. Sarah Mwilima (51) het op die toneel gesterf, en me. Ester Nepolo is gewond waar sy later Maandag 'n noodoperasie in die Lady Pohamba private hospitaal ondergaan het. Sy is volgens inligting in die bors geskiet

Simasiku was nie tydens sy hofverskyning geboei nie, maar het die hofsaal onder swaar polisiebegeleiding binnegekom.

Die staatsaanklaer, me. Sylvia Kaulima, het borgtog teengestaan vanweë die erns van die misdaad en die saak se hoë vlak van openbare belang.

Landdros Vanessa Stanley het Simasiku van die klagtes teen hom in kennis gestel en hom oor sy regte ingelig.

Simasiku het aangedui hy sal van die dienste van ’n private prokureur gebruik maak, maar sou hy nie daarin slaag nie, sal hy die dienste van ’n staatsprokureur benodig.

Die saak is vir verdere ondersoek en die aanstelling van regsverteenwoordiging tot 1 Maart uitgestel, terwyl Simasiku in aanhouding bly.

President Hage Geingob het intussen Dinsdag sy meegevoel met Mwilima se familie betuig. Sy was Global Fund se plaaslike direkteur in die bestuurseenheid vir spesiale programme in die ministerie. Haar man, dr. Fred Mwilima, is hoof van die departement inligting- en kommunikasiestudies by Unam.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!