Verminkte lyk uit rivier
Verminkte lyk uit rivier

Verminkte lyk uit rivier

Adj.komm. Andreas Shilelo het gesê die oorledene se liggaam is vroeg Maandagoggend in die Kavangorivier gevind.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe op Rundu – Die liggaam van mnr. Engidius Kayanguya (35) van Rundu se informele nedersetting Sau­yemwa is verlede week Maandag in die Kavangorivier gevind met 'n aantal liggaamsdele – waaronder testikels – wat verwyder is.

Adj.komm. Andreas Shilelo het dit bevestig en het Maandag ons susterkoerant Namibian Sun meegedeel die nadoodse ondersoek het gewys sy testikels is uitgedruk en die punt van sy penis en een van sy tepels is afgesny.

Hy het ook twee meswonde aan sy nek gehad.

Verskeie bronne in die nedersetting het aan Namibian Sun gesê die oorledene se tong en van sy are is deur die vermeende moordenaar(s) verwyder.

Die Namibiese en Angolese polisie sal 'n gesamentlike ondersoek van stapel stuur na die raaiselagtige dood – wat moontlik verbind kan word met heksery waar liggaamsdele vir sekere rituele geoes word.

Volgens Shilelo is die enigste bewyse wat die polisie in dié stadium het, die getuienis van die oorledene se vriend, wat aan die polisie gesê het hulle het die grens na Angola onwettig oorgesteek.

Volgens dié vriend het Angolese polisiebeamptes wat daardie Saterdag by die Dam Dam-grenspos gestasioneer was hulle in hegtenis geneem.

Kayanguya het uit aanhouding ontsnap nadat hy glo toestemming gevra het om toilet toe te gaan, het die vriend aan die Namibiese polisie gesê.

Die vriend het 'n boete betaal omdat hy die grens onwettig oorgesteek het en het na Namibië teruggekeer – waar hy uitgevind het Kayanguya het nooit teruggekeer huis toe nie.



BOENDOEREG

Kayanguya se familie het aangedring dat die vriend hulle na die gebied neem waar hy laas gesien is om hom te soek.

Toe dié soektog geen resultate opgelewer het nie, het die gemeenskap die vriend begin uitvra oor waar Kayanguya kan wees.

Teen Sondag was daar steeds geen teken van hom nie.

Shilelo het gesê Kayanguya se liggaam is eers vroeg Maandagoggend in die Kavangorivier gevind.

Die polisie het daarna die vriend by Sauyemwa opgetel en onder polisiebewaking geplaas nadat woedende gemeenskapslede gedreig het om reg in eie hande te neem.



ANDER WEERGAWE

Verskeie bronne van Sauyemwa het vertel vóór Kayanguya vermis geraak het, was hy glo op 'n uitstappie op die beroemde “Bikini Beach” langs die Kavangorivier naby dié nedersetting.

Volgens hulle het dit gelyk asof 'n groep mans geld bymekaargesit het om langs die rivier te kuier.

Die waarheid van die onwettige toegang tot Angola is nie deur die polisie of ander bronne bevestig nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!