Verminkte lyk van vermiste meisie gevind
Volgens die man wat op die oorskot van 'n negejarige afgekom het, was haar liggaam geskend.
Augetto Craig – Enkele dae nadat ’n jong meisie deur haar ouers as vermis aangemeld is, is haar verminkte lyk langs ’n gewilde voetpaadjie in Khomasdal gevind.
Die negejarige Shyril Avihe Ujaha se liggaam is na bewering in water gekook voordat dit gister omstreeks 07:30 deur ’n verbyganger in die bosse tussen Saamstaan en die Laeveld in Khomasdal gevind is. Shyril se liggaam is erg geskend en albei haar hande, 'n voet en 'n bobeen, haar ribbes en ook haar nek word vermis.
Volgens ’n woordvoerder van die Namibiese polisie, inspekteur Pendukeni Haikali, is Shyril Saterdag omstreeks 13:00 by die Katutura-polisiekantoor as vermis aangemeld, nadat sy van haar ouerhuis in Romeinestraat in die Herero-woonbuurt soek geraak het.
Die man wat op Shyril se oorskot afgekom het, wou nie sy naam aan die media bekend maak nie, maar word in ’n omliggende buurt geken as Frans.
“Ek het kom stap toe sien ek hier lê iets in die pad. Ek sien die voet, en hier lê die kop met die hare, kort rasta gevleg met haar eie hare. Dit was ’n klein kind. Al die dele was nie daar nie,” het hy vertel.
Hy het nabygeleë bure wakker geraas en toegang tot ’n selfoon by ’n man ’n paar huise af in die straat gekry. Volgens Frans het hy die polisie gebel wat vinnig op die toneel was. Die polisie het die toneel afgesper en lede ontplooi om te verhoed dat nuuskieriges en verbygangers moontlike bewysstukke vernietig.
Forensiese personeel het later in hul plastiekpakke Shyril se liggaam met ’n lykswa van die toneel verwyder.
Adjunkkommissaris Abnes Agas, die polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het oor die middaguur die verminkte liggaam is inderdaad dié van Shyril. Volgens Agas het geen merkwaardige ontbinding ingetree teen die tyd dat haar liggaam gevind is nie. Shyril se familie was ook gistermiddag op die toneel waar sy gevind is.
Volgens Shyril se ouer suster me. Jessicah Kaimu Ujaha is haar sussie Saterdag as vermis aangemeld nadat sy by ’n vriend se huis gaan speel en nooit na haar ouerhuis teruggekeer het nie. Jessicah het die naweek ’n foto van Shyril op sosiale media versprei met die hoop dat iemand sou kon help met inligting oor waar sy haar sou bevind. Niemand is nog in verband met haar dood in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie