Vermiste 4-jarige meisietjie gevind
'n Vierjarige meisietjie wat Maandag by die Ohamaremba-nedersetting naby Epupa vermis geraak het toe sy bokke in die veld opgepas het, is deur die polisie gevind.
Nampa berig is sy gister (Dinsdag) gevind nadat sy 24 uur vermis was.
Adj.komm. Natangwe Iita, die polisie se waarnemende streekskommisaris in die Kunenestreek, sy die meisie was swak en uitgeput en is dadelik na 'n kliniek vir behandeling geneem.
"Die kind het die hele nag en vorige dag sonder kos en water in die veld deurgebring," sê Iita.
Hy het 'n beroep op ouers in landelike gemeenskappe in die streek gedoen om nie hulle kinders alleen veld toe te stuur nie aangesien dit die reënseisoen is en hulle maklik vermis kan raak.
Iita sê om kinders alleen met die verantwoordelikheid te laat om bokke of vee op te pas, plaas hul lewe in 'n reusegevaar.
'n Driejarige seuntjie het verlede jaar buite Opuwo in die veld vermis geraak en is twee dae later gevind nadat hy 25 km ver weggedwaal het.
-Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie