Vermiste dalk deur wilde diere aangeval
Vermiste dalk deur wilde diere aangeval

Vermiste dalk deur wilde diere aangeval

Francoise Steynberg
Die menslike oorskot van 'n vermiste persoon is Donderdag in die Ugabrivier in die omgewing van Uis gevind.

Volgens die Namibiese polisie het 'n bokwagter Donderdag omstreeks 16:35 menslike oorskot in die Ugabrivier op die plaas De Rust, sowat 65 km vanaf Uis, ontdek.

"Die polisie het die toneel besoek en 'n kombers, stewels, sokkies, 'n donkerblou pet, rooi oorpak en vermoedelik menslike liggaamsdele gevind," sê die polisie.

"Die beskrywing van die klere pas by een van drie persone wat op 23 Maart as vermis aangemeld is."

'n Forensiese ondersoek sal die identitieit van die oorledene bepaal.

Die polisie vermoed dat die slagoffer deur wilde diere aangeval is.

Die twee ander vermiste persone is steeds soek en 'n soektog is in die gebied van stapel gestuur.

Die oorledene se familie is in kennis gestel en die ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!