Vermiste Dexter se lyk gevind
Denver Kisting – Die oorskot van die 19-jarige student, mnr. Dexter Netha, wat op 28 Desember by Langstrand vermis geraak het, het omstreeks 08:00 vanoggend (Vrydag) uit die see gespoel.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, sê Netha het waarskynlik verdrink.
’n Geregtelike ondersoek is van stapel gestuur, sê hy.
Iikuyu sê ’n lid van die publiek, wat vanoggend langs die strand gaan stap het, het die lyk gevind.
Netha se lyk het sowat 1,8 km van waar die Sound of Summer-fees plaasgevind het, uitgespoel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie