Vermiste man
Die Namibiese polisie vra die publiek se hulp om mnr. Ismail Swartbooi, oftewel |Khabu (68), op te spoor, wat op 30 Julie 2010 laas by sy suster, Ouma Rebecca !Nowases, se huis in die Agste Laan-woonbuurt in Windhoek gesien is.
Volgens me. Martha Tsuses het haar oom na die Katutura-poskantoor gegaan om sy pensioengeld te ontvang.
“Toe hy die geld klaar gekry het, het hy na ’n familielid se huis in die Damara 4-woonbuurt gegaan en daarna met twee hondjies in ’n taxi geklim.
“Tot vandag toe weet ons nie wat van hom geword het nie,” het Tsuses gesê.
Swartbooi is skraal met ’n gemiddelde liggaamsbou en ’n ligte gelaatskleur.
Voor hy vermis geraak het, was hy ’n gereelde besoeker aan plase rondom die hoofstad.
Die polisie se poging om hom op te spoor, was tot dusver vrugteloos.
Swartbooi of enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan Tsuses by 081 355 8355 of 081 293 4404 skakel, of die naaste polisiekantoor kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie