Vermiste mans gevind
Twee Namibiërs wat tydens 'n kampeertoer vermis geraak het, is ná 'n omvangryke soektog ongedeerd gevind.
Erwin Leuschner
Vir die twee 28-jarige Namibiërs, mnre. Kai Jacobie en Marko Zahradnicky, was hul laaste kampeertoer 'n onvergeetlike, dos stresvolle avontuur.
“Ons is oorweldig deur die hulp wat ons ontvang het. In Namibië staan mense bymekaar en help en dit is ongelooflik,” het Zahradnicky gesê.
Hy en Jacobie is vertroud met die Kunenestreek en het op Vrydag 30 Julie op 'n kampeertoer vertrek en sou die Maandag reeds terugkeer. Hulle het die eerste nag by die Brandberg White Lady Lodge oornag en Saterdag in die Ugabrivier ingery op soek na woestynaangepaste olifante. Hulle het Saterdagnag in 'n vleiland en Sondag sowat vyf kilometer oos van die Save the Rhino Trust Camp oornag.
Volgens Zahradnicky het hulle Maandag kamp afgeslaan en hulle wou teen 13:00 huis toe ry. Dit is toe hulle agterkom die voertuig se battery – wat voorheen geen probleme gegee het nie – is pap.
“Ook die tweede battery wat krag aan die yskas voorsien, het nie gewerk nie,” het hy gesê.
Hulle het na die SRT-kamp geloop, maar dit was verlate. Jacobie het daar agtergebly terwyl Zahradnicky aangestap het op soek na selfoonopvangs. Hy het tot by die verlate Brandberg Wes-myn gestap sonder om hulp te kry.
“Dit was al donker. Ek het teruggedraai en saam met Kai na die voertuig gestap. Ons was so teen middernag weer by die voertuig. Ons het besluit om by die voertuig te bly, omdat mense ons seker makliker daar sal vind. Ons het ook genoeg water en kos vir etlike dae by ons gehad.”
Die mans se ouers het hulle verlede Dinsdag as vermis aangemeld en hulp is uit alle oorde in Namibië ontvang. Gedurende die dag het verskeie vlieëniers met klein vliegtuie oor die gebied gevlieg. Teen 16:00 is hulle vanuit die vliegtuig van die ISAP-teenstropingseenheid gewaar.
ONEINDIGE DANK VIR SOEKERS
Bietjie later het 'n helikopter met mnr. Frank Stein geland en hulle het van hul batteryprobleme vertel, waarna Stein Uis toe gevlieg het op soek na 'n battery. Ná sowat 'n uur was hy terug by die mans en die battery is ingesit. Hulle het egter agtergekom dié battery is ook foutief.
Stein het terug Uis toe gevlieg en daar oornag. Woensdagoggend en 'n vierde battery later was die twee uiteindelik op pad huis toe.
“Dis ongelooflik hoeveel mense gehelp het om ons te soek en ons is oneindig dankbaar.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie