Vermiste paartjie by Oshikango gevind
Francoise Steynberg – Die polisie het ‘n paartjie van Walvisbaai wat sedert Donderdagaand vermis was, gisteroggend by Oshikango in die Ohangwenastreek gevind.
Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, is die verdagte, mnr. Lenard Pelley, en me. Daniella (Demi) Beukes (22) gisteroggend tussen 02:00 en 03:00 by Oshikango ná 'n wenk van 'n lid van die publiek gevind.
"Albei is na die Oshikango-polisiekantoor geneem en reëlings word getref om hulle na die Erongostreek terug te neem. Dankie aan die lede van die publiek en die media vir jul hulp," het Iikuyu gesê.
Die saak spruit uit Beukes wat glo Donderdagaand omstreeks 22:00 laas saam met haar kêrel gesien is toe hy haar huis toe geneem het. Sy deel Pescanova-woonstel nr. 33 in Rikumbi Kandangastraat op Walvisbaai met 'n vriend.
"Haar kêrel is na bewering later deur 'n Suid-Afrikaanse man, Pelley, wat glo ook in ’n verhouding met Beukes is, aangerand," het Iikuyu gesê.
'n Saak van huisbraak met die doel om aan te rand, asook aanranding, is volgens die polisie by die Walvisbaai-polisiekantoor aanhangig gemaak.
"Pelley het na bewering ook 'n ander vriend van Beukes met 'n mes in die maag gesteek en aangerand, maar 'n saak in dié verband is nog nie aanhangig gemaak nie," het Iikuyu gesê.
Volgens Beukes se familie, is die gewonde vriend in ‘n Walvisbaaise hospitaal opgeneem.
Die polisie het sedertdien 'n soektog van stapel gestuur.
Beukes se familie was veral bekommerd oor haar, omdat sy ’n klein dogtertjie het wat by die kind se pa bly.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie