Vermiste paartjie gevind
Die polisie het vanoggend die paartjie van Walvisbaai gevind wat sedert Donderdagaand vermis was.
Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, is die verdagte, mnr. Lenard Pelley, en me. Daniella Beukes (22) vanoggend tussen 02:00 en 03:00 by Oshikango ná 'n wenk van 'n lid van die publiek gevind.
"Albei is na die Oshikango-polisiekantoor geneem en reëlings word getref om hulle terug na die Erongostreek te bring. Dankie aan die lede van die publiek en die media vir jul hulp," het Iikuyu gesê.
Die saak spruit uit Beukes wat glo Donderdagaand omstreeks 22:00 laas saam met haar kêrel gesien is toe hy haar huis toe gebring het. Sy deel Pescanova-woonstel nr. 33 in Rikumbi Kandangastraat op Walvisbaai met 'n vriend.
"Die kêrel is later deur 'n Suid-Afrikaanse man, Pelley, wat glo ook 'n kêrel van Beukes is, aangerand," het die polisie gesê.
'n Saak van huisbraak met die doel om aan te rand, asook aanranding is by die Walvisbaai-polisiekantoor aanhangig gemaak.
"Pelley het na bewering ook 'n ander vriend van Beukes in die maag met 'n mes gesteek en aangerand, maar 'n saak in dié verband is nog nie aanhangig gemaak nie," het die polisie gesê.
Die polisie het 'n soekveldtog van stapel gestuur.
Beukes het 'n eenjarige dogtertjie wat by die pa van die kind woon.
Die foto van die verdagte is deur die polisie verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie