Vermiste Thaise sokkerspan in grot gesoek
Sewentien lede van vloot is ontplooi en onderwaterkameras word ingespan om te help met die soektog.
’n Vermiste tienersokkerspan en hul afrigter wat vermoedelik in ’n grot in die noorde van Thailand vasgekeer is, is na drie dae steeds nie gevind nie.
Spanne van die Royal Thai-vloot het hul soektog Maandagaand gestaak nadat die suurstofvlakke in sekere dele van die Tham Loeang-Khoen Nam Nang Noon-grotreeks te laag geraak het.
Die seuns, ouderdomme 12 tot 16, en hul 25-jarige afrigter het vermoedelik in die grot vasgeval toe die watervlakke weens swaar reën skielik gestyg het.
“Ons moet die kinders vandag (Dinsdag) opspoor. Ons hoop dat hulle iewers daar onder bly,” het Narongsak Osottanakorn, ’n provinsiale amptenaar, aan Reuters gesê.
THAM LOEANG-GROTTE
Die seuns se fietse en sokkerskoene is by die mond van die Tham Loeang-grotte gevind nadat hulle Saterdag vermis geraak het.
Sewentien lede van vloot is ontplooi en onderwaterkameras word ingespan om te help met die soektog. Die span het sover 6 km van die 10 km-lange grot deurgesoek, sê Damrong Hanpakdeenijom, hoof van die park waarin die grot geleë is.
“Besoekers word net toegelaat om 700 m in die grot in te gaan. Dit is baie donker binne en as dit tussen Julie en Desember reën, sper ons dit af,” sê Hanpakdeenijom gesê.
“Die groep het dieper ingegaan as wat toegelaat is.” –Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie