Vermiste vliegtuig: Soektog gestaak
Vermiste vliegtuig: Soektog gestaak

Vermiste vliegtuig: Soektog gestaak

Estelle de Bruyn
Die soektog na Malaysia Air­lines se vermiste Boeing 777 op vlug MH370 is gister finaal gestaak. Geen teken is gevind van die vliegtuig wat in 2014 met 239 mense aan boord verdwyn het, het die lande wat by die soektog betrokke was, aangekondig.

Die vliegtuig het op ’n vlug van Kuala Lumpur na Beijing vermis geraak en waar hy geval het, bly steeds een van die tergendste geheime in die lugvaartgeskiedenis.

“Ondanks ons beste pogings en met die hulp van die beste wetenskap en tegnologie denkbaar, kon die vliegtuig nie opgespoor word nie,” sê die Maleisiese, Australiese en Chinese owerhede in ’n gesamentlike verklaring.

“Die besluit om die soektog te staak, is nie ligtelik en sonder hartseer geneem nie.”

Die laaste soektuig het die gebied Dinsdag verlaat nadat 120 000 km² van die Indiese ­

Oseaan se seebodem byna drie jaar lank die fokus was van ’n reusesoektog.

Die drie lande het in Julie verlede jaar besluit indien geen teken van die vliegtuig is of selfs ’n aanduiding bestaan dat dit elders neergestort het wanneer die gebied klaar deursoek is nie, gaan die soektog, wat nou al sowat US$450 miljoen (sowat N$6,1 miljard) kos, gestaak word. Geen bewyse is gevind wat die span laat dink het hulle moet die soektog verder noord uitbrei nie.

Sedert die vliegtuig verdwyn het, is bespiegel oor wat kon gebeur het. Die moontlikheid van ’n kaping is genoem of dat almal in die vliegtuig dood is en niemand in beheer van die vliegtuig was toe dit in die see gestort het nie.

Voice 370, ’n ondersteunersgroep vir die naasbestaandes, sê in ’n verklaring die saak kan nie onopgelos gelaat word nie. Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!