‘Vermoorde’ Russiese joernalis springlewendig
Arkady Babchenko, ’n vooraanstaande Russiese joernalis en skerp kritikus van pres. Wladimir Poetin wat glo in die Oekraïene vermoor is, is toe springlewendig en het net gemaak of hy dood is om ’n Russiese “komplot” te systap.
Babchenko (41) leef in ballingskap in die Oekraïne sedert hy Rusland verlaat het, omdat hy vir sy lewe gevrees het nadat hy die Kremlin se beleid in die Oekraïne en Sirië gekritiseer het.
Reuters het vroeër berig Babchenko (41) se vrou het hom vol bloed in hul huis aangetref nadat hy geskiet is en dat hy in die ambulans aan sy wonde beswyk het. Die polisie het aangedui hulle vermoed dat die moord verband hou met Babchenko se verslaggewing.
Babchenko het verbaasde joernaliste op ’n polisiemediakonferensie oor sy “dood” toegespreek en onthul dat die disinformasie versprei is as deel van ’n ondersoek na doodsdreigemente wat hy ontvang het, berig The Guardian.
Vasily Gritsak, hoof van die Oekraïene se sekuriteitsdienste, sê die agentskap het op dié stap besluit om die mense wat Babchenko “probeer vermoor”, vas te trek.
Hulle voer die plan glo al sowat ’n maand lank in die mou en selfs Babchenko se nabye familielede was nie daarvan bewus nie.
Die polisie het een inhegtenisneming in verband met die saak gedoen.
Babchenko het aan die joernaliste om verskoning gevra en gesê hy weet alte goed hoe dit voel om sy vriende en kollegas te begrawe. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie