Vernuf met 'perde' vir 'n goeie doel

Skolesport
Die opgewondenheid was voelbaar by die Omeya Privaatskool laas Vrydagmiddag toe sy jaarlikse “perdesport­derby” gehou is.

Altesame veertig netjies versierde besemstokperde is tydens die prettige resiese ingespan waaraan ouers, kinders, onderwysers en vriende van die skool deelgeneem het.

Heerlike kos en opwindende pryse was ook deel van die dag se genot.

Een van die hoogtepunte was die teenwoordigheid van die vier skoonhede – die pas gekroonde Mej. Namibië 2019, Nadja Breytenbach; Mej. Windhoek Gimnasium, Suelise Henning, en haar eerste prinses, Kara van der Heever, asook Mej. Windhoek Hoërskool, Tyler Kibble.

Die pretgeleentheid het gedien om vir Omeya Privaatskool geld in te samel om opvoedkundige speelgoed aan te skaf en ook om 'n netbalbaan tot stand te bring.

Die organiseerders bedank die hoofborge van die geleentheid, naamlik Gondwana Collection, NamibGrens, APS, Olympic Kidz and Papertech. Bydraes is ook van Namibia Dairies, XCO, die Namibië Brouerye, Wilde Eend Bistro, Salon Louise, Distell, Creche Guard en Coca-Cola ontvang.

Sonder die insette van die ouers en entoesiastiese leerders sou die byeenkoms ook nie so suksesvol gewees het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!