Verouderde wette in die visier
President versoek spoediger aanneming van wetsontwerpe
Augetto Graig – Wetgewing van ’n rassistiese of diskriminerende aard behoort nie langer in Namibië geduld te word, het president Hage Geingob gister gesê met verwysing na die wetgewing op verouderde wette wat in die vyfde sessie van die sewende parlement bespreek sal word.
In sy toespraak, wat virtueel vanaf Staatshuis gelewer is, het die staatshoof amptelik die parlement van Namibië se sittings vir 2022 afgeskop.
“Volgende maand vier ons 32 jaar van onafhanklikheid. Ná die bitter stryd om ons land van apartheid-kolonialisme te bevry, behoort ons nie langer wette in Namibië wat rassisties of diskriminerend van aard is, te verdra of te akkommodeer nie.”
Van die wetgewing wat in die weegskaal is, sluit in die wetsontwerp op die bekamping van verkragting, wysigings aan die wetsontwerp op die bekamping van huishoudelike geweld, die skeiwet en die huwelikswet.
Die wetsontwerp op marteling is ook op die lys van 14 wetsontwerpe wat die Nasionale Vergadering beplan om te takel.
Oor verkragting sê die president misdadigers behoort die swaarste straf te kry wat die wet toelaat, terwyl die wetsontwerp op geslagsgeweld oortreders moet herinner dat sulke gedrag in Namibië taboe is.
Die president sê die wetsontwerp op egskeiding moet skeisake makliker maak; “nogtans moedig ons nie egskeiding aan nie,” sê hy.
Die wetsontwerp op huwelike moet paartjies wat noord van die Rooilyn getrou het die keuse bied of hulle binne of buite gemeenskap van goedere getroud is, sê hy.
“Op die oomblik word huwelike noord van die Rooilyn outomaties buite gemeenskap van goedere geklassifiseer. Dit veroorsaak probleme gedurende egskeiding of wanneer die boedel van ’n oorlede eggenoot hanteer moet word,” sê hy.
Oor die wetsontwerp op marteling sê Geingob die bekragtiging hiervan sal die spoke van fisieke aanrandings en marteling met goedkeuring van die staat in Namibië tot ruste bring.
Geingob sê hy let op dat talle van die wetsontwerpe nog van die vorige jaar se lys oorstaan.
“Kom ons vertraag nie die vordering nie; kom ons werk liewer onvermoeid om aandrywers van vrede, veiligheid, ekonomiese ontwikkeling en voorspoed te wees,” het hy aan die parlementslede gesê.
Voor die geleentheid het die jongste lid van Namibië se parlement, me. Patience Masua, ook hierdie kommer gedeel en haar hoop dat die Nasionale Vergadering vanjaar meer van die wetsontwerpe beplan vir die sitting kan afhandel.
“Ons het die presedent gestel dat net twee, drie, vier wette per sitting goedgekeur word, so ek hoop werklik dat ons deur 30% kan werk sodat ons wetgewing nie vir so baie jare voor die parlement lê nie,” het sy gesê.
By navraag voor die geleentheid het die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, ook gesê sy hoop die parlementslede sal alle kwessies wat ter tafel gelê word kan afhandel, insluitend die bekragtiging van wette wat voorgelê word.
Die Nasionale Vergadering sit weer op Dinsdag 17 Februarie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie