Verower of gesteel
JWF (Koos) Pretorius van WALvisbaai skryf:
Vir diegene wat my vorige vyf artikels oor “Harambee versus NEEEF” gelees het, behoort dit duidelik te wees dat die ideale en doelwitte van die twee beleidsverklarings wyd uiteenlopend is. Eersgenoemde wil baie graag sien dat alle Namibiërs hande vat en as gelykwaardiges, in die gees van Ubuntu, die toekoms aandurf met Namibië se grondwet as rigtingaanwyser.
NEEEF aan die anderkant, adem die gees van vergelding deur op grond van ras en kleur, alle blankes en sommige bruinmense in 'n minderwaardige posisie te plaas. Dit huiwer ook nie om blatant Artikel 12 van Namibië se grondwet te oortree deur persone as groepe en nie individuele persone, die reg op 'n regverdige verhoor te ontneem. Voortaan sou amptenare, gerugsteun deur 'n “onwettige” wet, Blankes aankla en dan self regter speel. Baie duidelik help NEEEF om onrus, onsekerheid en vrees te stook tussen “ons” en “julle”. Met kleur as die enigste maatstaf. Rasseklassifikasie en “werkafbakening” is dus terug op die wetboek.
Ek het dus dadelik my ore gespits toe ek onlangs na oudregter Dikgang Mosenga op die TV geluister het. Dit is ook nie lank terug dat hy afgetree het as een van die regters van die Suid-Afrikaanse Konstitusionele hof nie. Verder onthou ek hom as 'n baie vurige, maar geskoolde “struggle man”.
Hy verwys na die bandelose en onverantwoordelike vernietiging van eiendom en ontwrigting van die eksamenroosters. Hy kon nie sy vrees wegsteek dat hy glo die volgende sal oor grondbesetting gaan nie. Hy doen toe 'n ernstige oproep dat grondverdeling vinniger maar ordelik moes geskied. Hy het dit egter beklemtoon dat grondverdeling voorafgegaan moet word deur 'n deeglike grond-oudit. By implikasie het hy dit nie beperk tot ras en kleur nie.
Grondbeleid
Dit laat my terugdink aan vrae wat ek vroeër in die negentigerjare aan minister Pendukeni Ithana gestel het in die Nasionale Vergadering. Sy was toe onder andere minister van grondnedersetting.
My laaste vraag was of die Swapo-regering nie eers navorsing moet doen nie oor watter grond behoort het aan watter stam of persone gedurende die tydperk 1800 en 1920. Dan kon daar op 'n baie meer deurdagte manier 'n grondbeleid uitgewerk word. Sy het die vraag probeer weglag deur te sê Swapo weet genoeg om 'n korrekte beleid op te stel. Sy probeer toe die bal terug te gee aan my deur te sê dat terwyl ek nou so angstig is oor die geskiedenis, waarom doen ek nie self navorsing nie.
Ek het besluit om my nie daardeur te laat afsit nie. Ek publiseer toe 'n aantal historiese feite in 'n reeks artikels daaroor in die inligtingstydskrif, Monitor, gedurende die negentigerjare.
Swapo, wie se hoofsaaklike steun onder die grootste etniese groep, naamlik die Oshiwambo lê, se strategie was vir my gou duidelik. Ander minderheidsgroepe in die suidelike en sentrale deel van Namibië het dit egter nie gou besef nie. Stamtrots, etnisiteit en 'n eie taal en kultuur moes afgeskaal word. Een van die belangrikste metodes was 'n vinnige toestroming uit die Noorde na die Suide. Die oprig van weermagbasisse het baie gehelp om dit te bespoedig. Volgens my bekombare syfers is my skatting dat die suidelike streke van Namibië reeds elk soveel as 20% tot 40% burgers uit die Noorde huisves. Veral in verkiesings en selfs nedersettingplanne wys hierdie tendens duidelik. Die bepaling in Namibië se grondwet dat inwoners hulle op enige plek in Namibië mag vestig, het hier 'n groot rol gespeel.
Interessant hier is dat die begrip “colonise” volgens Oxford Dictionary ook 'n politieke betekenis het, nl. “... to plant voters in a district for party purposes.”
Integrasie van stamme en gemeenskappe het nog nooit gewerk waar dit gedwonge gedoen is nie. Die hele wêreld het dit al oor en oor bewys. In 1980 het Robert Mugabe 'n een-mens-een-stem verkiesing in die voormalige Rhodesië gewen. Behalwe die slagting van duisende lede van 'n opponerende etniese groep deur Noord-Koreane, het Robert Mugabe ook verklaar dat hy van sy land 'n “non-tribal” land gaan maak. Skaars tien jaar later skep hy egter 'n stuk of twintig setels in die Nasionale Vergadering van Zimbabwe vir tradisionele leiers. Hulle word benoem en uitslae wys dat hulle 'n groot invloed uitgeoefen het op hulle plattelandse kiesers.
Dat tradisionele leiers in Namibië kort voor die 2014-verkiesing splinternuwe 4x4 bakkies by die regering present gekry het, wys maar net hoe daar “ge-copy” word.
Bekomming van grond
Wat my betref, is daar veral drie maniere hoe grond (veral dan landbougrond) in die hande gekry word. Die eerste is deur besetting van sogenaamde niemandsland. Die tweede is deur onderhandeling wat ook 'n kooptransaksie kan insluit. Die derde is deur oorlog of geweld.
Ek heg hierby drie kaarte aan wat wys dat die suidelike deel, (en hier is me. Ida Hoffman, Swapo-lid in die Nasionale Vergadering reg) hoofsaaklik eerste beset was deur die Boesmans (San) en die Namas. Dit was egter sonder deeglik afgebakende grense.
Ek gaan in opvolgende artikels meer in besonderhede uitbrei oor hoe swart stamme uit Afrika suidwaarts beweeg het. Die Damaras bly egter vir my nog 'n raaisel. Min is bekend oor hulle oorsprong. Daar bestaan baie Damaras met die nodige kennis en vermoë wat uitstekend toegerus is om hierdie gapings vir ons te vul. Koning Justus Garoëb beweer selfs dat die Damaras ook in Walvisbaai hulle grenspenne ingeslaan het.
In 1878, het Engeland Walvisbaai en omliggende gebied tot aan die Swakoprivier geannekseer met duidelik vasstelling van grense.
Ook die Duitsers het nou vanaf Lüderitz begin inbeweeg binneland toe. Verskeie beskermingsverdrae is met die onderskeie hoofmanne gesluit. In volgende artikels sal daarop uitgebrei word.
Botsende standpunte oor wat die bogenoemde beskermingsverdrae nou eintlik behels, het tot gewelddadige opstande gelei wat voortgeduur het tot die omstrede Herero-opstande in 1904 tot 1908, waarby die Namas ook later betrek is.
Volgens kaptein Hendrik Witbooi was dit 'n aanvaarde gebruik om deur oorlog grond te bekom. In 'n brief gedateer 1 Augustus 1890, skrywe hy aan Willem Christian (Engelse vertaling)
... The position as regards that land is no longer what it was before the war. The war has changed everything, and these changes also concern the land. Until a few years ago it belonged to the Veldschoendragers, but it no longer does. It is now my land, by every law and custom of the world, for when two nations go to war and one is beaten, then he forfeits all to the other, livestock and land.
En verder aan:
So you see: I bought the land with blood, and by the help of the Lord.
Eintlik was dit in die voorkoloniale tyd die algemene benadering in al die oorloë tussen bruin en bruin, swart teen swart, wit teen swart en ook bruin teen swart. Die wat nie aan 'n god geglo het nie, het teruggeval op die ou natuurwet van die sterkste oorleef.
In volgende artikels sal ek graag hierdie kwessies meer in detail wil bespreek.
*Pretorius is 'n voormalige lid van die Grondwetskrywende Vergadering (1889-1990) en Nasionale Vergadering van Namibië (1990-2005).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie