Verower of gesteel? (Deel 7)
J.W.F.(KOOS) PRETORIUS SKRYF:
Dit is die gebruik by enige regering wat sy sout werd is, om wat veral groot projekte betref, deeglike navorsing te doen oor die omvang, haalbaarheid, bestaansreg en bekostigbaarheid, vatbaarheid, ens. Waar dit egter oor politieke prestigeprojekte gegaan het, is daar oë toegeknyp en voortgegaan. Die nageslag sal mos help betaal.
‘n Goeie voorbeeld hiervan is die spoorlyn vanaf Tsumeb tot by die noordgrens (Oshikango). Tans word dit teen ‘n groot verlies bedryf. Ek weet ook van geen verstandhouding met Angola dat hulle dit daarvandaan sou verder bou nie.
Terloops, ‘n klein herinnering. Ter wille van die nuuswaarde daarvan, was ook gereël dat ons parlementslede vir ‘n dag lank “gratis” sou gaan om die spoorlyn te bou. Moet dus nie vergeet dat ek saam kruiwaens vol grond aangery het nie.
Tydens ‘n asemskeptydjie het wyle mnr. Otto Kapia, burgemeester van Ondangwa, nader gestaan en ‘n geselsie met my aangeknoop. Hy wou toe weet wat ek van die spoorprojek dink.
My reaksie was: “Wil u die waarheid hoor?”
Hy het sy kop geknik.
Ek sê toe ek sou hierdie byna N$800 miljoen (?) eerder aangewend het om in die hele vorige Ovamboland paaie te bou. Volgens sy liggaamstaal was ek nie seker of hy saamgestem het of baie verbaas was nie.
Ek het weer daaraan gedink toe ek onlangs gelees het dat daar ‘n splinternuwe kliniek êrens staan wat nie met gewone motors bereik kan word nie.
HERVESTIGING
Terug na hervestiging. Dié projek is nou in dieselfde bootjie as die treinspoor.
Oor ‘n hele breë spektrum word daar gevra dat daar eers ‘n volledige, geskiedkundige verslag opgestel moet word oor die eiendomsreg oor grond in Namibië voordat die beoogde grondkonferensie in September 2017 gehou word. Van die man in die straat tot akademici soos dr. Peter Katjavivi, voorheen vise-kanselier van Unam en tans Speaker van die Nasionale Vergadering, tot die deurwinterde joernalis Gwen Lister van die Namibian.
Die president, Sy Eksellensie dr. Hage Geingob, het ook nie agterweë gebly nie en was die enigste een wat gesê het selfs die Boesmans (San) se storie is belangrik.
In alfabetiese rangorde is die Basters, blankes, Boesmans en bruinmense die groepe waarna die minste geluister word. Ek noem dit die BBBB-groep. Ironies genoeg is hierdie groepe of gemeenskappe se argumente die meeste in lyn met internasionale konvensies en denkrigtings.
NEE VIR VERGELDING
Kom ons volstaan net by die skade wat deur een persoon aangerig is om die saadjie van vergelding te plant by die jeugleiers. U kan die volledige verrigtinge gaan naslaan in die Hansards van die Nasionale Vergadering van 1996.
Ek stel ‘n vraag soos volg:
"Question: Mr Pretorius asked the Minister of Lands, Resettlement and Rehabilitation: Whether, for the sake of meaningful debate it would not be desirable for the government to compile an academic and objective document on the historical and factual course of land ownership and land distribution over the last two centuries in Namibia.
"Answer: Allow me to thank Honourable J.W.F. Pretorius for his question. The proposal to compile an academic and objective document on the historical and factual course of land ownership and land distribution in Namibia over the last two centuries is feasible."
Die betrokke minister, me. Pendukeni Ithana, antwoord soos volg (ek lig slegs die tersaaklike uit):
"However, there are some facts which I would also like to bring to the attention of Honourable Pretorius. First, there was no land distribution in Namibia in the true sense of the word. A pre-independent Namibia is characterised by the expropriation of land from original owners and distributed free of charge to the settlers of European descent. The dispossessed were consequently forced to live in those pockets of this country which we now call 'communal lands'."
Sy daag my toe ook uit om my eie navorsing te doen en vervolg:
"As far as my Ministry is concerned, we do not have the time nor the resource to undertake such a research and the information we currently have on land dispossession in the country is good enough in guiding us to formulate policies and programmes for land reform."
Sy voeg ten slotte by: “What I say is that land currently under private owners was acquired for free.”
Ek spring toe dadelik aan die werk. Vanaf Maart 1997 publiseer ek dit in Monitor, MAG se politieke tydskrif. Ek sorg ook elke keer dat haar kantoor ‘n afskrif kry. Trouens, ek stuur dit gratis aan al die parlementslede.
My spasie is min, maar u moet meegaande drie kaarte byderhand hê om die verloop te volg.
NUWE BEGINSELS
Die idee van opgemete gronde was ook nog nuut.
Die Duitse regering het die bestaan van reservate aangemoedig, want veral die handelaars was vinnig besig om op die grond beslag te lê vir uitstaande skuld. Dit blyk dat drank een van die grootste oorsake vir skuld was.
Kaart O wys duidelik waarom Namibië as ‘n droë land beskou word.
Kaart P weerspieël die posisie soos dit in 1920 deur die Volkebond aanvaar is. Dit het behalwe grond wat gekoop was deur die Duitsers ook grond ingesluit waarop beslag gelê is na die 1904-1908 oorlog teen die Herero's en Namas. Die benadering hier was in lyn met wat Kaptein Hendrik Witbooi op 1 Augustus 1890, d.w.s. 14 jaar voor die opstande van 1904, aan Willem Christian geskrywe het (Engelse vertaling):
"The position as regards that land is no longer what it was before the war. The war has changed everything, and these changes also concern the land. Until a few years ago it belonged to the Veldschoendragers, but it no longer does. It is now my land, by every law and custom of the world, for when two nations go to war and one is beaten, then he forfeits all to the other, livestock and land."
Vyf-en-twintig jaar later het Rusland presies dieselfde gedoen met Oos-Duitsland na die Tweede Wêreldoorlog.
GEKOOP - AL WAS DIT SPOTGOEDKOOP
Minister Pendukeni Ithana se bewering dat alle boere hulle plase verniet gekry het, bring haar geloofwaardigheid ernstig in gedrang.
Wat die Duitse tydperk (1884-1915) betref, het ek nie navorsing gedoen nie. Ek wil egter slegs twee voorbeelde noem wat dit mooi opsom.
In die eerste plek skrywe dr. LH Wessels in sy boek Mandaat vir S.W.A. dat die Duitse Schutzgebiete nie die gevolg was van anneksasie nie, maar van ‘n geleidelike gesagsuitbreiding kragtens traktate met opperhoofde waardeur verregaande regte aan die penetrerende moondheid verleen is.
Die tweede kom van dr. Lukas de Vries, op ‘n stadium Preses van die oorwegend bruin en swart Evangeliese Lutherse kerk in die voormalige SWA. In sy doktorale proefskrif skrywe hy onder meer:
"Alle eiendomme is gekoop. Dit is duidelik dat op ‘n slinkse wyse gebiede onder die geselskap geplaas is waar dit geen regte op gehad het nie. Bewyse word wel aangevoer hoe die grondregte verkry is, maar ons twyfel of die inboorlinge die volle omvang hiervan besef het. Wat wel vasstaan, is dat die inboorlinge geen wins daaruit getrek het nie."
Vir die tydperk 1920 tot 1990 het ek werklik uit my pad gegaan, maar kon nie een voorbeeld vind waar ‘n boer sy plaas verniet gekry het nie.
Ek wil by herhaling vra dat as minister Ithana of enigiemand van sulke dokumentêre voorbeelde weet, hulle dit asseblief onder my aandag moet bring. Ek kan dit dan hanteer wanneer ek skrywe oor die binnekoms van boere uit die destydse Unie van Suid-Afrika.
* Pretorius is 'n voormalige lid van die Grondwetskrywende Vergadering (1889-1990) en die Nasionale Vergadering (1990-2005).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie