Verre noorde: Ekssikloon Ana bring dalk vloede
‘n Waarskuwing teen mooontlike vloede vanaf môre oor die Zambezi- en Kavango-streke, asook in die naweek oor dele van die Ohanghwena-streek, is pas deur die Namibiese weerkantoor uitgereik.
Die weerkantoor se hoofvoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, sê dit is die nalatenskap van die tropiese sikloon Ana, wat intussen tot ‘n tropiese depressie verswak het.
Kgobetsi waarsku dat die stelsel, wat sedert laat verlede week in die Mosambiekkanaal ontwikkel het en wes oor die suidelike vasteland beweeg het, ook vir Namibië beduidende reën kan bring, wat tot gelokaliseerde vloede in bogenoemde streke kan lei.
Die nie-regeringorganisasie LandWater het die afgelope Woensdag verduidelik dat ekssikloon Ana nou ‘n enorme “vogkombers” saamdra, wat beteken “ons werk met massas vog en massas water”.
LandWater sê uitgebreide, swaar reën is waarskynlik vir “sentraal tot oos-Namibië, binne 'n noord-suid vertikaal”, terwyl die westelike gedeelte van die land dalk ook méér reën kan kry as verwag. Daar heers egter nog onsekerheid oor reënneerslae in die Weste.
“Die westelike reënlyn sal wieg en waarskynlik eers rondom Vrydag tot Saterdag met meer duidelikheid begin vasmaak,” is verduidelik.
Volgens Landwater mag die verwagte dekking en intensiteit van die tropiese depressie oortref word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie