'Verregaande' stygings staar rederye in gesig
'Verregaande' stygings staar rederye in gesig

'Verregaande' stygings staar rederye in gesig

Lughawens en navigasiediensverskaffers se plan om rederye te melk vir reuseverliese weens Covid-19, het onder skerp kritiek deurgeloop.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Lughawe- en navigasiekoste het te midde van die lugvaartbedryf se grootste krisis ooit reeds met N$34,5 miljard (US$2,3 miljard) gestyg, met enorme stygings wat volgende jaar in werking gaan tree.

Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) waarsku verwagte verdere styging van tien keer meer as die voorgenoemde bedrag, sal die bedryf se herstel vertraag en internasionale verbinding skaad.

Iata se direkteur-generaal, mnr. Willie Walsh, het Maandag by dié vereniging se 77ste algemene jaarvergadering in Boston in die VSA gesê lughawens en navigasiediensverskaffers behoort die koste van hul dienslewering te verlaag en nie te verhoog nie.

“'n Verhoging van US$2,3 miljard tydens hierdie krisis is verregaande. Ons wil almal Covid-19 agter ons plaas. Maar om die finansiële las van 'n krisis van apokaliptiese omvang op jou kliënte, die lugrederye, oor te plaas net omdat jy kan, is 'n kommersiële strategie wat op hulle monopolie dui. Kosteverlaging, en nie verhogings nie, behoort boaan die agenda van elke lughawe en navigasiediensverskaffer te wees,” het Walsh gesê.

Hy sê die Europese lugnavigeerders wil die verliese van N$139,4 miljard (US$9,3 miljard) wat hulle in 2020-'21 gely het, van lugrederye verhaal deur die koste van dienslewering te verhoog.

“Hulle wil dit doen om die inkomste en winste te verhaal wat hulle verloor het toe die lugrederye nie tydens die pandemie kon vlieg nie. Boonop beplan hulle benewens hierdie verhaling, 'n verdere verhoging van 40% in die koste van dienste in 2022,” sê Walsh.

Die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (Acsa) beplan om die koste van sy dienste aanstaande jaar met 38% te verhoog. Dit sal 'n impak hê op rederye wat passasiers uit Namibië na lughawens in Suid-Afrika vervoer.

Intussen het Ethiopiese diensverskaffers van lugnavigasie hulle tariewe vanjaar reeds met 35% aangepas.

Ethiopian Airlines bied aan passasiers uit Windhoek aansluitingsvlugte na talle wêreldbestemmings vanaf die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba.

Heathrow-lughawe by Londen het aangedui hy gaan landingsfooie en ander dienste in 2022 met 90% verhoog, terwyl Schipol-lughawe by Amsterdam verhogings van meer as 40% oor die volgende drie jaar aangekondig het.

“Ek lui vandag die noodalarm. Hierdie kostestygings moet stop sodat die bedryf 'n regverdige kans op herstel kan kry.

“Infrastruktuuraandeelhouers, hetsy dit regerings of private maatskappye is, het gebaat by stabiele opbrengste voor die Covid-krisis.

“Hulle moet nou hul rol in die herstel vertolk. Dit is onaanvaarbaar om in goeie tye voordeel uit jou kliënte te trek en in slegte tye daarmee vol te hou. Dit het breë implikasies. Lugvervoer is van kritieke belang om ekonomiese herstel ná die pandemie te bevorder.

“Ons moet die herstel nie in die gedrang bring met die onverantwoordelikheid en hebsug van sommige van ons vennote wat nie die koste bestuur het nie óf hul aandeelhouers vir hulp gesteun het nie,” het Walsh gesê.

Volgens hom het rederye vanaf die begin van die pandemie drastiese ­kostebesparings onderneem en bedryfskoste met 35% verlaag in vergelyking met wat dit voor die krisis was.

Dit is ondersteun deur kommersiële lenings en bydraes deur aandeelhouers. Hy sê rederye het ook staatshulp gevra, waarvan die meerderheid lenings is wat terugbetaal moet word.

Rederye se skuldlas beloop tans meer as N$9,744 biljoen (US$650 miljard), sê hy en waarsku wanbetaling kan tot die ondergang van rederye en die lugvervoerbedryf lei.

[email protected]

FOTO
Willie Walsh, direkteur-generaal van Iata, aan die woord by die 77ste jaarvergadering van dié vereniging in Boston in die VSA. Foto Iata

Kommentaar

Republikein 2025-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.49/OZ UP +0.84% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 806.80/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.26/BBP DOWN -0.0185 | Platinum US$ 1 009.75/OZ UP +0.89% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 30° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 19° | 27° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 14:54, High tide: 08:30, Low Tide: 02:00, High tide: 21:12 Swakopmund: 18° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:28, Low Tide: 02:00, High tide: 21:10 Walvis Bay: 18° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 14:52, High tide: 08:27, Low Tide: 02:00, High tide: 21:09 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 17° | 32° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 35° Lubumbashi: 17° | 18° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 16° | 23° Antananarivo: 18° | 22° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 17° | 23° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.3 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.54 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.38 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.9 | USD to EGP 50.27 | USD to KES 129.21 | USD to NGN 1496.41 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 28 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 86610.69 Up +0.18% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1755.71 Down -0.35% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16217.65 Down -0.18% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29735.59 Up +0.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10075.28 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 865.49/OZ UP +0.84% | Copper US$ 4.42/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 806.80/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 75.26/BBP DOWN -0.0185 | Platinum US$ 1 009.75/OZ UP +0.89%