Versag pandemie se las op voedselkettings
Bestuur van ekonomiese verval noodsaaklik
Dr. Kobus Laubscher - Anders as met die 2008-’09 wêreldwye finansiële krisis, is dit moontlik om te leer hoe om aan te pas om die impak van die Covid-19-pandemie te probeer versag.
Onmiddellike kommunikasie oor grense heen is die goue draad waarmee nuus oor die verspreiding openbaar gemaak word en dit skep ‘n kameraderie teen ‘n gemeenskaplike vyand. Om ‘n politieke spel te speel, gaan nie vir politieke punte sorg nie.
Die virus ontsien niemand nie en die aantal politieke en ander leiers wat reeds besmet is, is tekenend daarvan. Die bestuur van die verspreiding word vergemaklik omdat dit een en almal bedreig.
Terwyl die nommer een prioritit is om mense gesond te hou en te kry, moet die bestuur van die ekonomiese risiko’s ook aandag kry. Die omvang van die welvaart wat vernietig is en nog gaan word namate ekonomies groeidoelwitte by die spreekwoordelike venster uit is, maak die bestuur van ekonomiese verval noodsaaklik.
Ná die pandemie moet die lewe aangaan en ekonomieë herbou word. Daarvoor is dit nodig dat belangrike fondamente staande bly deur dit te probeer versterk. Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) het ‘n aantal uitgelig wat redelik universeel toepaslik is en lande kan uit mekaar se foute en suksesse leer.
Eerstens is die instandhouding van sosiale beskerming uiters noodsaaklik. Miljoene mense ervaar huishoudelike voedselonsekerheid en die feit dat voedingsprogramme by skole gestop is, vererger die situasie. Al hoe meer lande het geen ander keuse nie as om grendeltoestande af te kondig en streng toe te pas nie. Dit beteken dat juis die mees kwesbares verder blootgestel word. Hulpskemas in die vorm van voedselkoeponne soos tydens die Tweede Wêreldoorlog is derhalwe ’n oorweging. Daar is reeds betaalvakansies afgekondig vir mense sonder agterstallige skuld en met ‘n maandelikse inkomste van minder as R7 500.
Tweedens moet produkvloei van en na plase in stand gehou word. Produksieprosesse moet nie gekortwiek word deur gebrekkige insetverskaffing nie, terwyl produkte wat markgereed is die markte moet bereik – verkieslik nie teen verhoogde transaksie koste nie. Daar gaan noodwendig groter klem gelê word op plaaslike verkryging en derhalwe moet plaaslike produksie hulp kry.
Die instandhouding van voedselkettings is uiters noodsaaklik en onderskeid is nodig ten opsigte van spesifieke bedryfsbehoeftes. Dit is verblydend dat die landbou as noodsaaklike sektor gesien en diensooreenkomstig behandel word. Namate die virus sy tol eis met meer mense wat besmet raak, kan die beskikbaarheid van arbeid in gedrang kom. Dit is dus nodig dat voorkomende maatreëls streng toegepas word. Dit is goeie nuus dat daar na verwagting ‘n oorvloed stapelvoedsel gaan wees met ‘n groter as verwagte mielieoes op die lande.
In die vierde instansie is dit belangrik dat handelsooreenkomste produkte oor grens moet kan laat vloei. Bilaterale beleide ten opsigte van belasting en handel, moet handel bevorder te midde van verswakkende wisselkoerse en die inkrimping van logistieke vermoë. Grense wat gesluit word is uit nood, maar moet deurgaans ook kan voldoen aan die behoeftes vir oorgrenshandel. Dit is in baie gevalle al geruime tyd voor die coronavirus ‘n verklaarde struikelblok, wat maar te maklik om die verkeerde redes op die lange baan geskuif is. Dink maar net aan die impak van die afwesigheid van ‘n behoorlike grens tussen Zimbabwe en Suid-Afrika en hoe daar genoeg redes was oor hoekom die grens nie in stand gehou is of kon word nie. Nou kan so ‘n grens van amper 40 km binne ‘n maand gebou word.
Op makrovlak is daar bepaald net soveel uitdagings. Die afgradering van Suid-Afrika tot dieper rommelstatus, gaan die hele substreek benadeel. Fiskale en monetêre beleid sal dus dringend hersien moet word, maar op ‘n tydstip wat nog nooit so ongeleë was nie.
Wat dié herskikkingbetref, sal dit meer vat as net ‘n gewone voorbrand om die verspreiding van die aanvanklike veldbrand te probeer beheer. Daar sal gewerk moet word om vinnig ná die brand met die herstel te kan begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie