Versigtig met die BNWu2019s
Versigtig met die BNWu2019s

Versigtig met die BNW’s

Dani Booysen
Jy bedoel seker BMW’s?

Nee, nie die sessyfer slap waens of nutsvierwiele van die Beierse Motorwerke of hul maatjies met ander name waarvan die Vrotvis-manne ‘n hele spul besit het nie. Terloops, Comrade Hage sê ons moet nie redeloos rasend oor eerlike sukses raak nie. Watter een van die Tien Gebooie is dit nou weer?

BNW’s – omdat ons eers ‘n taaldraai wil gooi.

Deesdae skryf mense mos in sulke letterboodskappies. Ook nie net meer op hul selfone nie.

Soos in LOL. “Laugh out loud”. Of wwjw. “Wat wil jy weet?”

Los maar eers die geteem oor taalstandaarde. Hierdie is hoe mense werklik skryf.

In taalkunde heet bogenoemde inisiale. Dan is daar ook logogramme (wanneer ‘n letter, syfer of simbool ‘n hele woord of frase voorstel), piktogramme (emotikons en die prentjietaal in boodskappe), verkortings (“hkm op Rhb?”), klisisse (bv. “isi”) en ‘n dik spul ander.

Maar van ‘n duidelike Afrikaanse SMS-taal was daar enkele jare gelede nog nie tekens gewees nie. Dis nou aldus Lezandra Thiart se meestersverhandeling by Tuks getiteld “’n Forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal”. Interessante leesstof, as jy dit op die Internet wil naspoor.

‘n Voorbeeld: In Thiart se navorsing het vyf persone “hoekom” uitgeskryf, maar van die vier mense wat nie die woordeboekspelling gebruik het nie, het elkeen hierdie woord verskillend in hul SMS’e gebruik. Die variante wat sy geboekstaaf het was benewens “hkm”: “hukm”, “huko” en “hukom”.

Maar terug na BNW’s.

BNW is ‘n kitsterm vir “black and white”, soos in foto’s en film. Maar ons weet hoe baie skakerings van grys tussen wit en swart bestaan.

Eintlik wil Dapperrerige Daniëltjie langs dié ompad die kloutjie by b.nw.’s se oor bring. Byvoeglike naamwoorde.

Kom ons vra liefs nie hoe funksioneel opvoeding in woordsoorte en korrekte afkortings nog op skool is nie.

Wat het hierdie hele gedagtevuur aan die brand gesteek? Die coronavirus. Spesifiek omdat Afrikaanse media suid van die Gariep graag na die “gevaarlike” of “dodelike” coronavirus verwys. B.nw.’s.

Is hierdie beskrywings, hoewel dit dadelik aandag kry, van hierdie nuwe griepvariant geoorloof? Gegewe ‘n sterftesyfer van 2%?

Beslis moet die mensdom op sy hoede wees. Maar bevorder sulke BNW b.nw.’s histerie en vrees sonder om die groter prentjie in ag te neem?

Teen gister het Amnestie Internasionaal lande gewaarsku om nie menseregte te skend met maatreëls teen die coronavirus nie.

Oor ‘n gevaarlike heelagter of dodelike skopskoen mag ons in ‘n rugbyberig lees. En selfs al het sportskrywers groter digterlike vryheid, hang die graad en aanfwesigheid van sulke gevaar en dodelikheid steeds van ‘n ondersteuner se perspektief af.

Behoede ons teen “dodelik gevaarlike” . . .

Dié debat regverdig ook ‘n opmerking of wat oor joernalistieke style.

Nuusstyl sal meestal vereis dat rapportering van BNW b.nw.’s gestroop word. Hoewel mens natuurlik kwalik heeltemal sonder adjektiewe kan klaarkom. Dit moet altoos versigtig geweeg en oorweeg word.

In sogenaamde “New Journalism” of literêre joernalistiek het tegnieke, soos die inkleur en beskrywing van situasies, ‘n groot rol gespeel. Die styl dateer uit die jare 60 en 70 en word nog soms gebesig, ook in Namibië. (Kritici van sulke taalvirtuose sal dalk spot ons is maar altyd dekades agter die klip met alles?)

Style en soorte joernalistiek is daar baie en dis ook ‘n onderwerp wat belangstellendes sal prikkel. ‘n Kort lysie moet insluit waghondjoernalistiek, Gonzo, fotojoernalistiek, grafiese joernalistiek en datajoernalistiek.

Daantjie se raad: Kom ons waak immer teen alarmisme. Dapper wonder in die konteks soms hoekom Kameraad Geingob so graag burgeroorlog agter die heuwels van die toekoms sien aanrol . . .

Wegbly van BNW b.nw.’s is een van die beste medikamente vir objektiwiteit en teen onnodige stres en hartkrampe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!