Versigtig met die kameras
Versigtig met die kameras

Versigtig met die kameras

Dani Booysen
Maandag het die Namibiese polisie en weermag in ‘n gesamentlike verklaring erken geen wet verbied ‘n lid van die publiek om lede van die magte af te neem nie. Behalwe in baie spesifieke omstandighede.

Dit trek ‘n streep deur die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, se omstrede aandrang verlede jaar dat alle foto’s en video’s van lede van die magte tydens die uitvoering van hul pligte onwettig is.

Gewelddade teen lede van die publiek is gister veroordeel.

Hierdie boodskappe is belangrik. Maar perspektief, goeie oordeel en versigtigheid is ook nodig.

Wandade mag nooit goedgepraat word nie. Tog moet lede van die publiek ook nie die groeiende mag van die selfoon en sosiale media misbruik nie, byvoorbeeld as afdreigingsmiddel.

‘n Video of foto vertel meestal nie die volledige verhaal nie. Nie net die media nie, maar alle kykers moet inhoud dus krities beoordeel en bedag op motiewe wees.

Elders in die media is die week oor ‘n bykomende voorval berig waarin ‘n 15-jarige dogter glo eers aangerand en later in hegtenis geneem is weens ‘n video-opname. Die saak is in die hof onttrek.

Dit bewys die opvoeding van lede van beide magte in die verband skiet tekort.

Twee van die drie nuwe voorvalle word reeds ondersoek. Die polisie en weermag moet die publiek inlig oor enige opvolgstappe en in belang van deursigtigheid gereeld oor die status van al sulke sake op hoogte bring.

So sê ander

14 Januarie 2020

Policing protest: not a job for counter-terrorism

Surprise will have been many people’s understandable reaction to learning that Extinction Rebellion, the environmentalist network, was listed by British counter-terrorism police alongside violent neo-Nazi and Islamist groups in a guide to “extremist ideologies”.

Since 2015, teachers have been under a statutory duty to refer students suspected of extremist sympathies to the anti-terror Prevent programme.

The bracketing of green groups with terrorists is far from a one-off. Instead, the treatment of environmentalists as dangerous subversives is consistent with longstanding attitudes to green issues at the highest levels of the British state.

Climate policymaking is a global challenge and the stakes in 2020 could not be higher. In this context, it is a grotesque distortion of reality to suggest that young people who join peaceful climate protests bear any resemblance to terrorists.

Of course, the police must prepare for the disruption caused by civil disobedience. Such actions do not command universal support and in some cases are planned to maximise pressure on police resources. But none of this has anything to do with counter-terrorism.

The government’s delayed review of Prevent must now take place, with a thorough examination of this episode as part of its remit, and clear advice as to how those affected can seek redress.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!