Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA
Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde vlugte vanaf Windhoek en Walvisbaai na Johannesburg en Kaapstad vul.

Die twee lande se nasionale rederye, Air Namibia en South African Airways, asook Comair (vir British Airways) en SA Express bedien nie meer hierdie roetes nie.

Laasgenoemde vier rederye se vlerke is vanweë finansiële nood geknip. Die drie Suid-Afrikaanse rederye, wat óf in sakeredding is óf voorlopig gelikwideer is, se toekoms is nog duister en dit is nie seker of hulle weer vlugte op hierdie roetes gaan aanbied nie.

Hierteenoor dien 'n dringende aansoek waarin die likwidateur van die Belgiese redery, Challenge Air SA, vra Air Namibia moet gelikwideer word omdat hy nie sy skuld kan betaal nie, op 26 Oktober in die hoërhof in Windhoek.

Airlink bied reeds van 12 en 14 Oktober af vlugte tussen onderskeidelike Windhoek en Kaapstad, en Johannesburg en Walvisbaai aan.

FlyWestair se geskeduleerde Windhoek-Kaapstad-vlugte hervat op 23 Oktober. Dié vlugte vind op Vrydae en Maandae plaas.

Dié redery het verlede week aangekondig dat hy van 2 November af ook twee geskeduleerde vlugte per week tussen Windhoek en Johannesburg sal aanbied. Die vlugte sal op Dinsdae en Donderdae plaasvind.

Intussen het Airlink se hoof uitvoerende beampte, mnr. Rodger Foster, laat Donderdag in ’n verklaring bekend gemaak die nodige goedkeuring is bekom vir direkte, daaglikse vlugte tussen Johannesburg en Windhoek. Die eerste vlug is op 26 Oktober. Dit sal om 10:30 uit Johannesburg vertrek, en om 13:20 daarheen terugkeer.

Vanaf 16 November vermeerder die getal vlugte tot drie per dag, met die eerste vlug wat om 06:00 uit Johannesburg vertrek en om 08:15 by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aankom.

Van 18 November af vertrek die laaste vlug vir die dag om 19:15 na Johannesburg en kom om 21:15 daar aan.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!