Verskeie landdroshowe weens Covid-19 gesluit
Verskeie landdroshowe is vanaf vandag vir 14 dae weens die Covid-19-epidemie gesluit.
Die kantoor van die hoofregter het vandag aangekondig dat die Katima Mulilo- en Windhoek-landdroshof in Katutura in Mungundastraat, asook die verkeershof op die hoek van Sam Nujoma-rylaand en Simeon Shixungilenistraat, se deure onmiddellik gesluit is.
Hierdie sluitings bring mee dat openbare dienslewering en regeringsfunksies op wetgewende en geregtelik vlak al meer deur Covid-19 lamgelê word.
“’n Regsbeampte by die Katima Mulilo-landdroshof en ‘n aanklaer by die Windhoek-landdroshof in Katutura het Vrydag positief vir die Covid-19-virus getoets. ‘n Beskuldigde wat in die verkeershof op 20 Julie verskyn het, het ook positief getoets en hy was in direkte kontak met hofbeamptes,” lui ‘n mediaverklaring.
Volgens die hooflanddros, me. Philanda Christiaan, sal alle verhore uitgestel word en nuwe hofdatums sal buite hofgeboue opgeplak word.
“Dringende borgaansoeke, beslagleggingsbevele en dringende aansoeke rakende kindersorg en beskermingsbevele sal in die belang van geregtigheid ongehinderd voortgaan,” sê Christiaan.
Alle korrespondensie moet aan die uitvoerende direkteur gerig word.
Die betalings en ontvangs van onderhoud, skulderkennings, aansoeke vir interim-beskermingsbevele en registrasie van intestaat-boedels vind op Katima Mulilo by die kantoor van ombudsman plaas en in Windhoek by die Windhoek-landdroshof in Judge JP Karuaihestraat.
Klerke van die onderhoud- en geslagsgeweldhof sal by bogenoemde plekke gestasioneer wees om te help met onderhouduitbetalings en aansoeke vir geslagsgeweldverwante sake.
Mense wat geregistreer het om onderhoud elektronies te ontvang, sal dit soos normaalweg ontvang.
Volgens Christiaan sal die Walvisbaaise landdroshof steeds gesluit bly tot ná gesondheidsowerhede dit gedisinfekteer het.
Foto Namibian Sun

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie