Verskeie mense dood in aanval op Kaboel-hotel
Kort ná ’n ontploffing het dit bekend geword gewapende mans is besig om “op gaste te skiet”.
Verskeie mense is Saterdag dood toe vier mans in ’n hotel in die Afgaanse hoofstad Kaboel op mense begin skiet het.
Daar is sprake van minstens vier lyke en ’n hele paar mense is volgens ooggetuies gewond.
Twee van die aanvallers is doodgeskiet, maar teen Saterdagaand laat was lede van die Afgaanse spesiale magte nog in ’n stryd betrokke met die res van die groep in die Intercontinental Hotel.
Geweervuur is voortdurend gehoor.
Volgens die Daily Mail het die aanval omstreeks 18:30 Suid-Afrikaanse tyd plaasgevind.
Alles het begin met geweervuur. Toe was daar ’n ontploffing en kort daarna het dit bekend geword dat gewapende mans besig is om “op gaste te skiet”.
Die vierde verdieping van die hotel, wat op ’n heuwel staan en deur gewapende wagte beskerm word, was in vlamme gehul.
Nasrat Rahimi, woordvoerder van die Afgaanse departement van binnelandse sake, het bevestig “verskeie” mense is dood. Daar was glo buitelandse gaste by die hotel.
Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir dié aanval aanvaar nie.
Die aanval is die jongste is in ’n reeks dodelike aanvalle in die stad.
Een persoon het aan Ehsanullah Amiri, ’n joernalis van die Wall Street Journal, gesê hy het vier lyke buite die hotel gesien. Hy beweer ook die aanvallers het “Allah-u-Akbar” (“God is groot”) geskree en mense uit die boonste verdiepings van die hotel gegooi.
Die hotel se kragtoevoer is ook gesny.
Volgens die BBC het verskeie provinsiale amptenare glo ’n konferensie oor inligtingstegnologie by die hotel bygewoon.
Minstens een persoon het aan Reuters gesê die aanvallers het gyselaars geneem.
Saterdag se aanval kom enkele dae nadat die Amerikaanse ambassade in Kaboel gewaarsku het hotelle in die stad kan die teikens van aanvalle word.
“Ons weet van gerugte dat ekstremistiese groepe moontlik ’n aanval teen hotelle in Kaboel beplan,” het die ambassade Donderdag gewaarsku.
Die ambassade het egter ’n ander hotel as die moontlike teiken van so ’n aanval geïdentifiseer.
Hulle het ook gewaarsku teen moontlike aanvalle by openbare byeenkomste, regeringsgeboue, die vervoerstelsel, markte en plekke waar buitelanders gereeld bymekaarkom. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie