Verskillend of eenvormig?
Verskillend of eenvormig?

Verskillend of eenvormig?

Dani Booysen
Die tyd wanneer skole vir leerlinge open en sluit, is nie ‘n beuselagtige kwessie nie.

Dit is ‘n saak met baie groot impak. Nie net op leerlinge, ouers en onderwysers nie, maar die hele land, sy ekonomie en produktiwiteit.

Voor wintertyd afgeskaf is, moes reeds hieroor besin gewees het eerder as om te glo dat die spreekwoordelik raad met die nuwe tyd sou kom. Beplanning het ongelukkig tekortgeskiet.

Die gevolg was eers die toestaan van ‘n vae vryheid aan skole om self hieroor te besluit, gevolg deur ‘n tweede uitvaardiging van vroegste en laatste openingstye – waartussen daar ‘n hele uur se verskil is.

Die veiligheid van kinders wat skool toe moet voetslaan, was al tydens die gesprek oor die tydsverandering op die agenda. En soos die son al later sy kop oor die westerkim begin steek het, het die vraagstuk bloot nuwe stoom opgebou.

Inderdaad is die veiligheidsituasie vir kinders veel anders as etlike dekades gelede.

Om almal te akkommodeer, is soms ‘n goeie bestuurstyl, maar eenvormigheid – ook ‘n belangrike aspek van dissipline – sou die tydskwessie baie makliker vir alle betrokkenes gemaak het. Selfs redes vir ‘n verskil in openingstye in die stad en groot dorpe teenoor die platteland en landelike gebiede is debatteerbaar.

Interessant genoeg argumenteer talle wetenskaplikes oorsee dat dit beter is vir kinders as skole later begin.

As ‘n besluit verwarring saai en nie werk nie, moet dit heroorweeg word eerder as om te verwag dat die nasie maar daaraan gewoond sal raak.

So sê ander

20 Junie 2018

Children off limits when it comes to political games



Political pawns can be liberal and conservative, heroes and victims, witting and unwitting.

But they should never be children, no matter the situation.

The federal government’s practice of separating the families of would-be illegal immigrants and asylum seekers, with kids being quarantined away from their parents, is unconscionable.

These separations are about politics, not governing, and politics is a heartless art.

We believe it is past time to implement alternative practices at the border.

Beyond such tinkering, Trump and congressional leaders from both parties must sit down and settle their differences on immigration policy.

• SAVANNAH MORNING NEWS

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!