Verslag nie gereed - kleinveeboere mor
'n HANDJIEVOL ongelukkige kleinveeprodusente het op die vooraand van die twee grootste landboubyeenkomste in Namibie wat vanoggend met die kongres van die Lewendehawe Produsente-organisasie (LPO)afskop, gedreig om as afgevaardigdes te onttrek omdat hulle nie voor die tyd insae gekry het in die pas vrygestelde verslag oor die omstrede kleinveebemar- kingskema nie.
Uit 'n e-pos wat nog tot die naweek onder kleinveeprodusente gesirkuleer het, blyk dit die "geheimsinnigheid" rondom die verslag skep die indruk van "ondeursigtigheid" aan die kant van die Namibiese Landbou-unie (NLU) en daarom dreig sommige om die kongres te boikot.
"Hoe moet ons op 'n kongres debatteer oor 'n dokument wat ons nie ter insae gehad het nie? Ons betaal die heffings van die VR (Vleisraad van Namibie], asook die ledegeld van die NLU. Dan het ons die reg (om) so 'n verslag in sy oorspronklike vorm te sien. My deelname aan die LPO-kongres sal inderdaad direk daarvan afhang of ons betyds insae sal he in die oorspronklike verslag," skryf een van die produsente in die e-pos.
Mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die LPO, het onlangs bekend gemaak dat die ondersoekspan na die kleinveebemarkingskema se verslag gereed is en dat dit tydens die kongres aan afgevaardigdes vir bespreking beskikbaar gestel sal word. Prof. Kobus Laubscher, 'n landbou- ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, en mnr. Nico Week, 'n rekenmeester by PricewaterhouseCoopers in Windhoek, het in Mei opdrag ontvang om 'n omvattende en onpartydige ondersoek na die impak van die skema op die totale skaapvleis-produsentebedryf in die land te doen.
Kleinveeprodusente hoop dat die aanbevelings die beleerde bedryfop die lang termyn in 'n meer gesonde rigting sal stuur. Mnr. Sakkie Coetzee, uitvoerende bestuurder van die NLU, het by navraag gese die rede waarom die verslag nie voor die kongres beskikbaar gestel word nie, is dat dit nog net 'n konsepverslag is. "Daar is sekere gedeeltes in die terme van opdrag wat die konsultante nie hanteer het nie.
Die Vleisraad het as opdraggewer versoek dat dit aangespreek moet word voor die finale verslag verskyn." Volgens mnr. Coetzee sal dit onverantwoordelik van die NLU wees om die bevindinge in 'n konsepverslag openbaar te maak, terwyl die Vleisraad wat die konsultante aangestel het, nog nie oor die finale weergawe beskik nie. "Ek kan produsente verseker dat dit niks met ondeursigtigheid te make het nie, maar dat dit bloot 'n praktiese reeling is.
Produsente sal nadat die finale verslag verskyn het, genoeg tyd he om dit te bestudeer en hul kommentaar te lewer." Die LPO-kongres begin om agtuur vanoggend en duur tot middagtyd more, waarna die NLUkongres 'n aanvang sal neem. Benewens die verslag, gaan verskeie ander belangrike landboukwessies onder die loep geneem word. Die tema van die LPO-kongres is weidingsbestuur vir volhoubare produksie, terwyl die NLU tydens sy kongres die soeklig op die waarde van landbou vir Namibie gaan laat val.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie