Versoekskrif aan LWF oorhandig
Polisieman se optrede grens aan teistering, beweer menseregteaktivis.
Catherine Sasman - Leiers van die Forum for the Future (FFF) en NamRights dring daarop aan dat die Lutherse Wêreldfederasie (LWF) verskoning vra vir hul stilswye oor menseregtevergrype tydens ballingskap.
Samson Ndeikwila en Phil ya Nangoloh het ook bystand vir 'n waarheid- en versoeningsproses in Namibië gevra.
Hul versoekskrif is deur mnr. Ralston Deffenbaugh, assistent sekretaris-generaal van die LWF, tydens die federasie se twaalfde byeenkoms, wat tans in Windhoek aan die gang is, ontvang.
Die sekuriteitshoof by die Safari Motel, waar die byeenkoms plaasvind, ene inspekteur T. Haimbodi, wou Ndeikwila en Ya Nangoloh van die perseel verjaag, hoewel hulle op geen stadium die konferensielokaal probeer binnegaan het nie. Hulle het in die parkeerterrein gewag om die versoekskrif te oorhandig.
Haimbodi beweer die “korrekte prosedure” vir oorhandiging is nie gevolg nie, aangesien inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga nie daarvan in kennis gestel is nie.
Haimbodi het aangevoer dit is nie “goed vir die land se beeld” dat 'n versoekskrif van dié aard sonder die polisiehoof se medewete oorhandig sou word nie.
“Dit is regmatig gedoen,” het Deffenbaugh gesê.
Ya Nangoloh het later gesê Haimbodi se optrede was “onredelik en onbeskof” en 'n “ernstige verleentheid” vir hom en Ndeikwila. Hy het gesê dit grens selfs aan teistering.
Die versoekskrif beweer die LWF het doelbewus geswyg oor beweerde menseregtevergrype deur Swapo, ongeag dokumentêre bewyse wat toon dat die federasie ten volle bewus van die Swapo-leierskap se betrokkenheid by oorlogsmisdade in Angola en Zambië was.
Deffenbaugh wou weet waarom die twee hul versoek ná die byeenkoms wou rig, terwyl dit reeds vier jaar gelede voorberei is.
Ya Nangoloh het gevra dat die versoek voor die hele vergadering voorgelees word en nie net voor individuele gemeentes nie.
Hulle het die hoop uitgespreek dat die LWF die “onskuldige slagoffers" sou ondersteun en hulle nie by die "rykes en belangrikes" sou skaar nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie