Versprei welvaart sonder nog u2019n belasting
Versprei welvaart sonder nog u2019n belasting

Versprei welvaart sonder nog ’n belasting

Mike Schüss­ler - Suid-Afrika kry dalk ’n welvaartbelasting met die Davis-kommissie wat weer na dié beproefde en vertroue refrein oor ongelykheid kyk.

Die minister van finansies haal Oxfam se verslag oor hoe drie mense dieselfde welvaart as die onderste 50% van die wêreld se bevolking het in sy toespraak in die parlement aan.

Die vraag moet wees hoe Suid-Afrika met die res van die wêreld vergelyk en wat die land daaraan behoort te doen.

Die Oxfam-verslag gebruik Credit Suisse se verslag oor welvaart en daar is ’n paar feite wat die minister en Oxfam nie blootgelê het nie.

Die verspreiding van welvaart in Suid-Afrika is ewere¬diger as wat dit in Swede (89.7), Denemarke (83.3), die VSA en die wêreld as geheel is.

Die Wêreld-Gini-koëffisiënt is 92.7 en Suid-Afrika s’n 83. Dié van Noorweë is byvoorbeeld 80.

Ja ons is ongelyk, maar Suid-Afrika bevind hom in die 32ste plek ter wêreld wat betref die verspreiding van welvaart met baie ander lande wat ’n baie soortgelyke verspreiding het.

Ongeveer 20 lande is binne drie punte van ons Gini-koëffisiënt.

Daar is net een land waar die Gini-koëffisiënt laer as 50 is en welvaart baie ongelyker as inkomste versprei is.

Suid-Afrika se per capita-inkomste het die afgelope vyf jaar in Amerikaanse dollarterme afgeneem en dit lyk of dié tendens voortduur.

Ons middelwaarde rykdom was tien jaar gelede in die boonste helfte van die lande. Ons het nou tot 92ste plek gedaal, hoewel ons steeds een van die ontluikende lande is wat die hoogste rykdomvlakke het wat die tipiese persoon betref.

Suid-Afrika kan miskien nie net na die verspreiding van welvaart kyk nie, maar ook hoe ons dié welvaart kan laat groei.

Om welvaart te belas, versprei dit nie goed nie, soos wat die Sweedse en Deense voorbeelde hier wys.

In werklikheid stel ek voor die regering moet leer om vrye teuels te gee om toe te laat dat welvaart regverdig versprei word. Belasting verhinder groei, soos wat die Laffer-kurwe wys.

Welvaart in Suid-Afrika

Welvaart bestaan uit twee hoofbates, naamlik behuising en finansiële bates.

Behuising is reeds wyd versprei in Suid-Afrika. Ongeveer 63% van huishoudings besit hul eie huis terwyl nog 14% woon in staatsbehuising wat aan hulle oorgedra kan word.

Dit verhoog huiseienaarskap tot ongeveer 77%.

Soos wat die direkteur-generaal van landbou onlangs gesê het, boere in Afrika kry as deel van staatsprogramme net toegang tot grond, maar nie titelaktes nie. Dit weerhou daardie boere van titelaktes en werklike finansiering.

Dit sê ook die staat vertrou jou nie heeltemal met grond nie, maar kla dan oor die oneweredige verspreiding van grond.

Verder verteenwoordig huise waar families in tradisionele gebiede woon ongeveer 8% van huishoudings. Hulle het tipies net toestemming om daar te woon. Om voleienaarskap te verkry moet dit met ’n titelakte verander word.

Selfs die president het net toestemming om op die grond by Nkandla te woon. Die grootste eienaar van grond in die land buiten die staat – koning Goodwill Zwelithini – het die president toestemming gegee om daar te woon. Selfs die

president sukkel om ’n lening van ’n bank vir die eiendom te kry.

Ons kan huiseienaarskap dus sonder groot koste, buiten administratiewe koste, tot 85% verhoog deur titelaktes aan dié huishoudings te gee.

Dit kan die ekonomie van baie gebiede in Suid-Afrika laat herleef en ’n groot sneeubaleffek in landelike gebiede hê.

As 85% van families hul huise besit, sal dit Suid-Afrika van binne die boonste 40 lande wat huiseienaarskap betref tot die toptien op die wêreldranglys skuif.

Suid-Afrika het waarskynlik reeds die hoogste vlak van huiseienaarskap wat tweede huise betref met 22% van alle swart huishoudings wat sê hulle het ’n tweede huis.

Suid-Afrika kan dit in sommige gevalle selfs in informele nedersettings doen.

Daar sal weer eens administratiewe koste wees wat gedek moet word.

Ek glo dít sal Suid-Afrika, sonder om enige belasting te verhoog, eerste ter wêreld plaas wat die persentasie van huis¬eienaarskap betref.

Finansiële bates

Wat finansiële bates betref, is baie vordering reeds gemaak.

Die onlangse verslag deur Intellidex sê swart ekonomiese bemagtiging (SEB) vir die top-100 genoteerde maatskappye op die JSE is in 2015 op R350 miljard geraam.

Die waarde van SEB-bates sal – as dit as ’n land se pensioenbates gesien word – die tiende grootste wees van ongeveer 50 ontluikende lande.

Die gemiddelde waarde per volwassene in die arbeidsmark sal drie keer die gemiddeld wees van dié in die res van die ontluikende lande.

Die totale SEB-batewaarde is naas Nigerië en Suid-Afrika so groot as die volgende nege Afrika lande se gekombineerde pensioenfondsbates.

Suid-Afrikaanse SEB-bates in die top-100 maatskappye op die JSE is meer as al die pensioenfondsbates in Indië.

Die getal begunstigdes van SEB-maatskappye is glo meer as 11,4 miljoen mense.

’n Begunstigde ontvang arbitrêre voordele en kan nie iets verwag nie.

Begunstigdes moet in aandeelhouers verander word en daar moet ’n onus op die SEB-maatskappy geplaas word om welvaart in Suid-Afrika te help versprei.

Dié welvaart is reeds versprei. Deur dié verandering aan te bring en jaarlikse waardestate aan mense te gee, sal Suid-Afrika se Gini-koëffisiënt vir welvaart verlaag.

Jy kan goedkoop aandele vir jou vakbondlede kry en hulle vol aandeelhouers maak en nie net ad hoc-begunstigdes nie.

Maatskappye in staatsbeheer kan ook genoteer word en in sommige gevalle kan elke Suid-Afrikaanse burger wat ouer as 18 is aandele daarin bekom.

Dit sal welvaart ook baie meer eweredig as voorheen versprei.

Moet dus nie ’n welvaartbelasting instel nie, want dit gaan nie met die verspreiding van welvaart help nie. Doen eerder die administratiewe ding en laat mense eienaarskap toe.

’n Welvaartbelasting sal groei ondermyn, welvaart nie versprei nie, koste verhoog en die regering meer geld gee om te mors. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer