Verspreiding van sprinkane “intens”

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Rooi treksprinkane het sedert 12 Augustus reeds 4 002 km2 in die Zambezistreek binnegedring en al sowat 500 ha se weiding vernietig.

Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het gister in die parlement gesê die Zambezistreek ervaar tans sy tweede uitbreking vanjaar van dié gevreesde rooi Afrika-treksprinkaan en meen die verspreiding hiervan raak “intens”.

Hy het bygevoeg N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die pes benodig. Dit, om te keer dat die sprinkane dalk na die res van Namibië versprei.

Schlettwein sê die rooi treksprinkaan het reeds Namibië se noordelike en noordoostelike buurlande soos Botswana, Zambië en Zimbabwe geraak.

“Sommige van hierdie lande maak van lugbespuitingsmetodes gebruik, wat veroorsaak dat die sprinkane na ander lande migreer. Ons behoort om die rede ook van lugbespuiting gebruik te maak om die pes doeltreffend te bestry en ons bestaande bestrydingsmetodes te rugsteun.”

Die ministerie het reeds spuitspanne met altesaam 35 lede ontplooi om die sprinkane te beveg, en het ook sowat 4 175 liter insekdoder bewillig om die uitbreking te beveg.

Intussen het die ministerie reeds steun van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), die Afrika Ontwikkelingsbank (AfDB), asook die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!