Verstaan hierdie eise
Alle Namibiërs moet met empatie luister na medeburgers wat weens Namibië se koloniale geskiedenis grond verloor het.
Boodskappe aan die nasionale grondkonferensie deur onder meer opperhoof Justus /Garoëb en hoofman Stephanus Goliath getuig van die verliese en die maatskaplike en ekonomiese gevolge.
Uit eie keuse en oorwegings ontbreek die stemme van die Ovaherero se tradisionele leiers van die beraad se formele rekord. Ook hulle en ander menings oor die vraagstuk is nietemin welbekend.
Gister en vandag sal in een van vyf wegbreekgroepe verder oor voorvaderlike grond beraadslaag word.
Mnre. Phanuel Kaapama en John Nakuta het vanuit geskiedkundige en regshoeke belangrike bydraes oor die onderwerp gelewer.
Om nie boe of ba oor voorvaderlike grond te rep nie, is wensdenkery wat nie 'n vraagstuk kan aanspreek wat vir talle baie belangrik is nie. Teenoor die swygskool staan realistiese denke dat regstelling prakties nie die grootskaalse onteiening van destydse leefgebiede of die herskepping van “bantoestans” kan behels nie.
Die planne wat reeds voorgestel is om voorvaderlike grondkwessies aan te pak, sluit aan by die slim wetgewing wat prokureur Sisa Namandje voorstel om grondhervorming op die grondwetlike wyses te hanteer waarvoor daar die laaste 28 jaar nie regtig wil en ywer bestaan het nie.
Soos ander agentpunte moet voorvaderlike grond ook met groot omsigtigheid hanteer word.
Môre sal wys watter besluite die konferensie in die verband neem.
So sê ander
3 Oktober 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die praatjies van Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, oor 'n verenigde ANC en goeie samewerking tussen hom en pres. Cyril Ramaphosa kan met 'n knippie sout begroet word.
As hervormingsgesindes in die ANC werklik ernstig is daaroor om die party as onkreukbaar te laat herleef, loop die uurglas om van Magashule ontslae te raak vinnig leeg.
Volgens die Vrystaatse DA is Magashule “die skrywer van die boek oor staatskaping waarvan Jacob Zuma net die eerste hoofstuk gelees het”.
Die haglike stand van Vrystaatse stede en dorpe ná 'n dekade onder Magashule se premierskap staaf die wanbestuur en -besteding vir eie gewin.
Magashule wys sy ware kleure deur die vorige staatshoof steeds “pres. Zuma” te noem. Die stryd om sy uitwerping as sekretaris-generaal kan die ANC by 'n kantelpunt bring.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie