Verstedeliking onder loep
Verstedeliking onder loep

Verstedeliking onder loep

Alle rolspelers moet hul kant bring om te help om landelike gebiede uit die as te laat herrys.
Denver Kisting
Denver Kisting



In 1990 het 43% van die wêreldbevolking in stedelike gebiede gewoon.

Vyftien jaar later – teen 2015 – het dié syfer tot 54% geklim.

Mnr. Derek Klazen, adjunk­minister van stedelike en lande­like ontwikkeling, het Dinsdag­middag in die Nasionale Vergadering (NV) gesê die verwagting is dat meer as 60% van die Namibiese bevolking teen 2030 in stedelike gebiede sal woon. Teen daardie datum, sê hy, word daar geskat 'n derde van die bevolking sal in die Erongo- en Khomasstreek woon.

Klazen het opnuut benadruk dié verstedeliking plaas ­beduidende druk op maatskaplike en om­gewingshulpbronne.

“Dit lei ook tot 'n toename in die vraag na kern- openbare dienste soos behuising, sanitasie, skoon, drinkbare water, krag, vervoernetwerke, openbare gesondheid en onderwys.”

Alle belanghebbendes sal moet kragte saamsnoer om dié uitdagings wat verstedeliking teweeg bring, die hoof te bied, maan hy.

Omdat die regering besef alle ­Namibiërs moet ­dieselfde ­behandel word, móét daar 'n balans wees tussen landelike en stedelike gemeenskappe, sê hy.

“Almal moet kan kies of hulle in 'n stad, dorp of nedersetting wil woon en basiese dienste moet vir alle inwoners beskikbaar wees.”

Ongelukkig, sê Klazen, gaan klein dorpies op verafgeleë plekke al vir jare onder ekonomiese agteruitgang gebuk. Dít het aanleiding gegee tot 'n afname in lewensgehalte en het verstedeliking tot gevolg.

Volgens hom is 'n aantal ingrypings in werking gestel om verstedeliking teë te werk en om landelike gebiede 'n hupstoot te gee.

Onder meer help die ­nasionale landelike ontwikkelingsbeleid en –strategie van 2012 om die ­lewensomstandighede van lande­like gemeenskappe te verbeter, sê hy.

Hiernaas word pogings ook aangewend om plaaslike gemeen­skappe nou te betrek by programme om oplewings in hul ekonomieë te probeer bewerkstellig, sê Klazen. Dié gemeen­skappe suig aan die agterspeen wat veral werkloosheid, armoede en behuisingnood betref.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!