Verswelg deur Chinese ondernemingsgees?
Die Chinese stel toe blykbaar lánkal belang in al wat hulle kan sien, kry en vat uit onse land.
Ek kom onlangs op ‘n koerantberig van Junie 1978 af, wat gaan oor ‘n Chinees uit Hongkong wat belanggestel het in die moontlikheid om seksstimuleermiddels van wild te maak.
Die skugter renoster was toe nie soseer in die spervuur nie. Wat die Chinese verkenner se mond wél behoorlik laat water het, luidens die berig, was die horings van ‘n gemsbok, en die hars en geslagsdele van alle wildsoorte, vir die vervaardiging van dié sogenaamde opkikkertjies.
Die Chinese verkenner was ‘n ene mnr. J. Lam.
Sy volle voornaam is nie verskaf nie, maar wel ‘n groot foto van hom op die voorblad waar hy soos die kenmerkende trofeejagter met sy jagbuit en geweer staan en poseer.
Hy het op ‘n “nag-oes” vir gemsbok gegaan, wat só beskryf word: “Uit die staanspoor het dit duidelik geword dat geen steen onaangeroer gelaat word nie om ‘n hoë mate van professionele doeltreffendheid tydens die hele operasie te verseker nie. Dit word gedoen deur die sterkste owerheidsbeheer en die sakevernuf en onberispelike integriteit van die professionele jagter.”
Dié oes word in noukeurige besonderhede beskryf. Dis ‘n testosteroongedrewe avontuur in die vreemde, wilde Afrika.
Op die volgende blad waar die storie voortgesit word, is ook ‘n groot foto van ‘n bakkie volgeprop van die nag-oes: Die vragmotor het sy dravermoë van gemsbokkarkasse bereik.
Die adrenalien vloei warm en polsend deur die manne se are waar hulle in die koel lug van die diep, donker nag hul buit betrag.
Niemand is meer opgewonde as mnr. Lam nie.
Sy opgewondenheid ken geen perke nie, en word só beskryf: “’n Chinese sakeman, mnr. Lam, wat by was om ondersoek na die bedryf in te stel, kon by tye nie sy loftoesegging vir veral die higiëniese versorging van die vleis bedwing nie. Wat hy daardie aand gesien het, het feitlik verseker dat Suidwes nou ‘n afsetgebied vir wildvleis in Hongkong geword het.”
Of wildvleis daarná na Hongkong uitgevoer is, word nie gesê nie, maar mnr. Lam se ondernemingsgees het ingeskop.
Hoewel sy hoofdoel die ondersoek van die pragvleis was, was hy blykbaar veel meer geïnteresseerd in die maklik bederfbare hars en geslagsdele. Hy’t ‘n nis vir sy eie onderneming gevind.
Dit kon sekerlik ‘n wen-wen situasie word, maar daarvan is nie geskryf nie.
Wat my byval van baie van die Chinese nou in die land is dat hulle skynbaar vir een ding – sê maar bouwerk – die land binnekom en ‘n paar maande later is hulle besig met bome afkap, wildstropery, en soek sommer grond vir boerdery.
Of dit binne die bestek van hul werkspermitte is, sê binnelandse sake nie, maar dit is duidelik dat dit met die samewerking van ons regering gedoen word.
Dít het vir my duidelik geword toe ek in November 2009 deur die Suide met die algemene verkiesing was en toevallig by die Rosh Pinah-polisiekantoor ‘n draai vir nuus gaan maak het.
Vier Chinese mans was toe in die beskermde /Ai-/Ais/Richtersveld-oorgrenspark gevang waar hulle met hamer en beitel grondmonsters ingesamel het op ‘n skynbare verkenningstog.
Volgens die natuurbewaringsamptenaar was dit onwettig, maar skaars ‘n uur of wat later en ‘n paar oproepe na een of ander regeringskantoor in Windhoek is die mans vrygelaat sonder dat selfs hul name vir rekordhouding opgeskryf is.
Die gereg het by navraag skouers opgetrek en weggekyk. Maar moenie vir ‘n oomblik dink ek of jy sou met so iets in China – of Namibië – wegkom nie!
Die Chinese wéét die yster is warm en hardloop behoorlik myle vooruit met horings en balletjies.
Kan ons hulle kwalik neem?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie