Vertroue in presidensie tuimel
Vertroue in presidensie tuimel

Vertroue in presidensie tuimel

Talle Namibiërs meen die land boer agteruit.
Denver Kisting
Denver Kisting – Sowat 81% van Namibiërs wat aan ’n meningspeiling deelgeneem het, meen “die land is in die verkeerde rigting op pad”.

Hoewel 60% van mense in 2014 gesê het hul lewensomstandighede is goed, staan dié syfer vyf jaar later in 2019 op 29%.

Daarnaas is algehele vertroue in die presidensie die laagste sedert Afrobarometer-studies in 1999 begin is.

Die presidensie se goeie rapporte het van 89% in 2014 tot 62% in 2019 getuimel.

Die studie is vyf jaar gelede in die doodsnikke van oudpres. Hifikepunye Pohamba se presidensie gedoen – enkele maande voor pres. Hage Geingob aan bewind gekom het.

Ondanks dié opvatting, sê mnr. Christie Keulder van Survey Warehouse, wat die studie in Namibië behartig: “Ek dink dié land het nog nie al sy politieke lojaliteit opgebruik nie.”

Keulder het dié opmerking gister tydens die bekendstelling van die jongste Afrobarometer-studie gemaak.

Die studie hou verband met hoe Jan Publiek die regering se vordering sien.

Luidens die bevindinge reken stemgeregtigde Namibiërs die regering behoort werkloosheid, die voortslepende droogte en armoede as sake van dringendheid te pak.

Volwasse inwoners is pessimisties oor die land se toekoms en beskou die land se ekonomiese omstandighede in ’n negatiewe lig, lui nog bevindinge.

Deelnemers aan die studie is gedeeltelik krities oor hoe die regering die ekonomie bestuur, die lewensomstandighede van arm Namibiërs hanteer, werkskepping, die gaping tussen ryk en arm en die bekamping van korrupsie.

Talle Namibiërs meen volgens die studie korrupsie het veral die afgelope jaar toegeneem.

Sowat 20% van die deelnemers is ook bekommerd oor watervoorsiening in die land, terwyl ander – ook 20% – kommer oor die gehalte van onderwys uitgespreek het.

’n Totaal van 1 200 volwasse Namibiërs het aan die studie deelgeneem.

Namibiërs stem op 27 November vir ’n nuwe president en lede van die Nasionale Vergadering (NV).

Buitelandse sendings, seevarende personeel en lede van die Namibiese polisie, die weermag en korrektiewe dienste het reeds gister gestem.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!