Vervaardigers werk saam aan slimtegnologie in motors
'n Nuwe konsortium, bekend as die SmartDeviceLink Consortium, sal voortaan ses motorvervaardigers help om te verseker dat meer opsies geskep word vir die manier waarop slimfone met voertuie se elektronika verbind word, soos die beeld op die instrumentpaneel of stemherkenning.
Ford, Toyota, Mazda, PSA (moedermaatskappy van Peugeot en Citroën), Fuji Heavy Industries en Suzuki het hierdie konsortium gestig. Die elektronikaverskaffers Elektrobit Automotive, Luxoft en Xevo het hulle ook by die konsortium aangesluit.
Dié stap is daarop gemik om te keer dat Apple of Google beheer hoe bestuurders hul slimfone aan hul motors of vragmotors verbind. Dié tegnologiereuse kry in die proses toegang tot die voertuie se inligting.
Toyota het tot dusver daarteen vasgeskop om Apple se CarPlay of Google se Android Auto in sy motors te installeer.
Ford bied albei in sy 2017-modelle, maar die motorvervaardiger wil eintlik hê dat 'n oopbron-sagtewareplatform geskep moet word wat alle app-ontwikkelaars kan gebruik as alternatief tot iOS of Android.
Toyota het reeds in 2011 ingestem om met Ford oor telematikastelsels saam te werk.
Ford se weergawe van die SmartDeviceLink-tegnologie is al in 5 miljoen voertuie wêreldwyd geïnstalleer en verskaf gewilde apps soos Pandora, Spotify, iHeartRadio en AccuWeather aan motoriste.
PSA het ook 'n verklaring saam met Ericsson en die Franse selfoondiensverskaffer Orange uitgereik waarin hulle sê dat hulle gaan saamwerk om sogenaamde 5G WiFi-tegnologie in selfbesturende motors te toets.
'n Volgehoue internetverbinding is 'n voorvereiste vir veilige selfbesturende motors aangesien dit verseker dat die motors inligting ontvang oor padtoestande en verkeer. -Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie