Vervang jou stukkende vensters
Iréne-Mari van der Walt
Enigiemand wat my sedert Oktober verlede jaar uitgevra het oor boeke sou ’n mondvol oor outeur Malcolm Gladwell en sy boek The Tipping Point gekry het.
The Tipping Point handel oor hoe modes en giere ontstaan en die elemente wat nodig is om te verseker dat dit “plak”.
Die meerderheid van die hoogtepunte in die boek is vanselfsprekend.
Die hele indeks laat my dom voel, omdat Gladwell dit reggekry het om te verwoord wat feitlik my lewe lank in my agterkop is en daarby nog ’n internasionale topverkoper daarvan te maak.
Dit is egter nie moeilik om hom te vergewe nie, want as daar sprake van spoggerige sielkundige navorsing en die wetenskap agter kindertelevisie is, is my volle aandag teenwoordig.
Een spoggerige sielkundige teorie wat Gladwell bespreek, is James Q. Wilson en George Kelling se ‘Broken Windows Theory’.
Berei jou “duh, natuurlik” solank voor, want Wilson en Kelling glo dat klein dinge na groter dinge lei.
Hul teorie gebruik natuurlik ’n stukkende venster as ’n voorbeeld. As daar ’n venster in ’n buurt stukkend is, stuur dit ’n spoggerige sielkundige sein aan inwoners van die omgewing en besoekers dat stukkende vensters nie ’n probleem vir hierdie buurt is nie en daarom volg talle stukkende vensters. Uiteindelik skep al die stukkende vensters die indruk dat nie net stukkende vensters nie, maar eintlik enigiets wat jou hart begeer, nie ’n probleem vir hierdie buurt is nie.
Gladwell meen die regmaak van stukkende vensters in die vorm van graffiti op die ondergrondse treinnetwerk eindelik gelei het tot ’n drastiese vermindering in misdaad en geweld in 1990’s in New York.
Ek wil iets by Gladwell se teorie voeg (ja, ek gaan vir hom hierdie stuk vertaal en per e-pos aanstuur) en sê stukkende vensters is nie net op modes, giere en geweld van toepassing nie, maar tot op jou hele menswees.
Ons hoor gereeld van suksesvolle verhoudings waar hiérdie paartjie nie met mekaar baklei nie, maar hul kragte saamspan om die probleem op te los. Ek dink nie paartjies baklei altyd oor een kwessie nie. Ek dink jy raak nie net kwaad vir manlief se ongeduld nie, maar ook vir die sokkies wat hy laas week op die vloer gelos het, die skoene wat alewig in jou pad is, die feit dat hy alewig raas wanneer jy probeer slaap en daardie grappie oor jou gewig wat hy by ’n braai gemaak het.
Hierdie is alles vensters wat reggemaak moet word. In vriendskappe, verhoudings, werk (veral werk), jou stokperdjies en jou verhouding met jouself moet jy sê die sokkies op die vloer pla jou en dat jy alewig oor skoene val. As jy dit nie doen nie is dit nie lank daarna nie of jy kry graffiti op jou mure en dan heers daar geweld in jou gedagtes.
Begin by jouself en vervang die vensters. Maak vrede met jou skuldgevoelens, verwyder wat nie werk nie, raak ontslae van vriendskappe en verhoudings wat jou alewig met die stukkende glas sny.
Vervang jou vensters en verf oor jou graffiti, want wanneer dit kom by jou geluk gaan daar dinge wees wat problematies is.
Hou op om jou stukkende vensters te ignoreer. Een stukkende venster kan ’n misdaadgier in die laat 1900’s in New York word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie