Vervoerders hou asems op oor nuwe permitte
Vervoerders hou asems op oor nuwe permitte

Vervoerders hou asems op oor nuwe permitte

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Teen laat gister was die aanduiding in die logistiekbedryf dat die aanlyn stelsel van die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel vir die uitreik van nuwe vervoerpermitte aan die verskaffers van noodsaaklike dienste (ESC), goed werk.

Die leweransiers van noodsaaklike goedere en die vervoermaatskappye wat moet seker maak logistieke oponthoude ontstaan nie in die leweringsketting nie, het aanvanklik asem opgehou toe dit vroeg gisteroggend geblyk het van die aansoekers het gesukkel om hul aansoeke aanlyn in te dien.

Die ministerie het Vrydag aangekondig permitte wat verlede jaar uitgereik is toe die noodtoestandregulasies gegeld het, het laasnag om 23:00 verstryk.

Verskaffers en vervoermaatskappye kon vanaf gisteroggend aanlyn by www.namessentialservice.com vir 'n nuwe permit aansoek doen.

Pres. Hage Geingob het verlede week aangekondig Windhoek, Okahandja en Rehoboth is vanaf 17 Junie tot 30 Junie ingeperk en die vrylike beweging in en uit dié groter sentrale stadsgebied, is verbode.

Mnr. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), het by navraag gesê brandstofvervoerders het veral geskarrel om seker te maak brandstoftenkers kon ná elfuur laasnag in en uit die grendelgebied beweeg.

“Hulle kon gisteroggend dié gebied verlaat, want die ou permit was nog geldig, maar moes voor 23:00 die nuwe permit hê.”

Hy sê hoewel enkele vervoerders op die Whats­App-groep Transport Comms Lockdown gesukkel het om toegang tot die betrokke webblad te kry, het dit later geblyk die proses verloop gladder.

“Dit wil voorkom asof die stelsel onder druk was en daarom was dit baie stadig.”

Schmidt sê die lorriebestuurders wat gister op die pad was en nie by hul depots kon aandoen vir gedrukte weergawes van die nuwe permit nie, sou laasnag by padblokkades elektroniese afskrifte daarvan op hul selfone aan beamptes kon toon.

Mnr. Elijah Mukubonda, hoof- inligtingsbeampte in die ministerie, het in 'n teksboodskap aan Republikein verduidelik nuwe aansoekers moet op die webblad registreer en die maklike stappe volg. Diegene wat reeds geregistreer is, kan hul bestaande inligting insleutel om sodoende 'n nuwe sertifikaat te kan uitdruk.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!