Vervoerkommissie hou vinger op Air Nam se pols
Air Namibia kan sy lugdienslisensie verloor as sy stremmende finansiële situasie veiligheid benadeel.
Ronelle Rademeyer - Namibië se beleërde nasionale redery word met ’n arendsoog deur die land se Vervoerkommissie dopgehou.
Air Namibia se lugdienslisensie kan ingevolge die Lugdienswet, wet 51 van 1949, gekanselleer of opgeskort word indien die kommissie voel nasionale sekuriteit is in die gedrang, of lugvaartwette word nie nagekom nie.
“Die Vervoerkommissie van Namibië is bewus van die uitdagings wat deur Air Namibia ervaar word en is in noue verbinding met die redery.
“Ons wag tans vir terugvoering ná kommunikasie in dié verband aan die redery gestuur is.”
Só antwoord me. Eldorette Harmse, voorsitter van die Vervoerkommissie, op ’n skriftelike navraag deur Republikein oor of die kommissie seker maak Air Namibia verwaarloos nie sy instandhoudingsprogramme vanweë sy nypende geldtekort nie.
Die nasionale redery moes verlede week in aller yl planne beraam toe die Airports Company South Africa (Acsa) aangekondig het Air Namibia kan weens wanbetaling nie meer na die Internasionele Lughawe OR Tambo by Johannesburg, die Internasionale Lughawe Kaapstad en die King Shaka-lughawe by Durban vlieg nie.
Ná ’n gedeeltelike vereffening van sy skuld is dié verbod gelig.
Die lugdienswet bepaal die kommissie mag enige tyd die lisensie van ’n redery kanselleer of opskort vir so lank as wat nodig is indien die lisensiehouer só optree dat die nasionale sekuriteit van Namibië in die gedrang is.
Dit kan ook gedoen word indien die redery die voorwaardes van dié wet of enige ander lugvaartwet oortree, of nie by die voorwaardes van sy lugdienslisensie hou nie.
Die wet bepaal egter die kommissie moet die lisensiehouer kennis gee van sy voorneme om tot dié drastiese stap oor te gaan, waarná die lisensiehouer redelike tyd moet hê om dit teen te staan en redes te gee waarom dit nie moet geskied nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie