Vervoerpionier se roudiens Saterdag
Vervoerpionier se roudiens Saterdag

Vervoerpionier se roudiens Saterdag

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die roudiens van ’n pionier en legende in die Namibiese vervoer- en toerismebedryf, wyle mnr. Willie du Toit (68), vind Saterdag om 11:00 by The Tannery by Elisenheim plaas.

Mnr. Willem (Willie) Johannes du Toit het diep spore in die vervoerbedryf as besturende direkteur van FP du Toit Transport getrap, asook in toerismekringe as eienaar van Taleni Tourism Holdings.

Hy is Maandagnamiddag by sy huis in Windhoek oorlede.

“FP du Toit Transport was Dinsdag in hartseer gehul. Almal is so geskok oor sy heengaan. Die personeel was so lojaal aan hom en hier is mense wat meer as 30 jaar hier werk,” het die uitvoerende hoof, mnr. Stephan Terblanche, aan Republikein gesê.

“Oom Willie was ’n groot mentor vir ons almal. Hy was ’n nederige en omgee-mens.”

Die bestuur het Vrydag hul jaarvergadering en jaareindfunksie op Walvisbaai gehad, wat deur Du Toit bygewoon is.

Die eg Namibiese FP du Toit Transport-groep het vanjaar sy 51ste bestaansjaar gevier.

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, het haar medelye met Du Toit se familie betuig.

“HAN is hartseer om een van Namibië se toerisme- en vervoerpioniers te verloor. Mag sy passie en visie deur Christelle en haar span voortleef.”

Sy dogter, me. Christelle du Toit-Oosthuizen, is die bestuurder van die Sossusvlei Lodge van Taleni Africa.

Du Toit word deur sy vrou, Sandra, dogters Christelle en Mari, skoonseuns Karl-Heinz Oosthuizen en Herman Heyman, asook sy kleinseun, Willem, oorleef.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!