Vervroegde aftrede vir staatsamptenare
Vervroegde aftrede vir staatsamptenare

Vervroegde aftrede vir staatsamptenare

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Een van die regering se begrotingsprioriteite tot 2023-’24 is ‘n kleiner salarisrol en vervroegde aftrede van staatsamptenare is ‘n moontlikheid.
Finansminister Iipumbu Shiimi het ‘n sy toespraak vir die halfjaar-begrotingshersiening vanmiddag gesê opsies gaan oorweeg word vir vrywillige vervroegde aftrede van staatsamptenare van 55 jaar en ouer.
Vakante staatsdiensposte sal voorts gevries word en die herstrukturering van die regering se mediese fonds (Psemas) bepaal word.
“Die skokke op die ekonomie en staatsinkomste het die dringende behoefte vir die instelling van tydige en doeltreffende hervorming verhoog om die makro-ekonomiese stabiliteit en fiskale volhoubaarheid te versterk,” het Shiimi gesê.
Lees die volledige berig môre in Republikein.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer