Vet kabeljou vat Koos se hoek
Hengel
Leon Krauze van Leon's Tackle Shop het Saterdag die Hentiesbaai-kuierdag-hengelkompetisie aangebied waar Koos Nel (op foto) 'n bielie van 'n kabeljou (17,4 kg) vir die eerste prys uitgetrek het. Vanessa Hardy se kabeljou van 16.8 kg was kort op Nel se hakke terwyl Warren Theron se steenbras van 12.8 kg die swaarste in sy afdeling geweeg het om die algehele derde plek in te palm. Anelmi Fourie (1.5 kg) spog met die swaarste galjoen. Inskrywings was gratis en hengelaars het verskeie pryse gewen. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie