Vet se gat!
Sy is gebore as Laurette van der Merwe, maar staan vandag as Lollo bekend.
“My tweelingbroer het gesukkel om Laurette uit te spreek en in die proses het dit ‘Lollo’ geraak en noem vriende en familie my vandag steeds so,” sê die skrywer van Vet se Gat.
Laurette het in Windhoek grootgeword en woon steeds hier.
“Ek was in Windhoek Hoërskool en het daar gematrikuleer. Ek is gelukkig getroud, het twee van my eie kinders en drie ander, wat ook myne geword het.”
Laurette beskou haar rol as ouma vir drie pragitge kleinkinders en een wat op pad is, as “die kersie op die koek”.
Haar liefde vir skryf het op Lüderitz begin en sy geniet veral skrywers soos André Brink, Deon Meyer en Lesley Pearce.
“Ek dink met goeie herinneringe terug aan toe my ma my as sesjarige staatsbiblioteek toe gevat het in Lüderitzstraat en ek drie boeke kon uitneem. My broer het niks van lees gehou nie en ek het sommer sy biblioteekkaart gebruik om sodoende ses boeke op 'n slag uit te neem.”
Sy sê sy kon vir ure en ure lees terwyl die wêreld om haar vergaan, en vandag is sy gaande oor skryf.
“Om te sit en giggel vir myself terwyl ek skryf. Om my gedagtes te laat gaan en neer te skryf sonder om bekommerd te wees wat ander gaan dink, want dit is tog my woorde en gedagtes, en elkeen is geregtig op sy opinie. Dís wat vir my so lekker van skryf is,” sê sy.
Hoewel sy vandag nie voltyds skryf nie, bestee sy wel baie tyd aan die taal.
“Ek het nóú maar eers die moed bymekaargeskraap om my boeke te laat druk. Ek het verlede jaar 'n kinderboekie laat druk, Tamoes, wat ek geskryf het. Tamoes handel oor 'n vet seekoeiseuntjie wat gespot word en hoe hy later deur gebeure om hom besef daar is belangriker dinge in die lewe as hoe jy lyk.”
Haar nuuste boek, Vet se Gat!, verskyn binnekort en gaan oor die dag toe sy voor kas gestaan het en van haar klere meer gepas het nie.
“Elke keer wat mens die stryd aandurf om 'n paar kilogram af te skud, gebeur iets wat jou van stryk bring. Ek het besluit om elke dag 'n stukkie te skryf en dit op Facebook te plaas. Ek het vriende en familie gehad wat my begin dophou het, en dit het gekeer dat ek nie tou opgooi nie. Dit is juis hulle wat my aangemoedig het om dié stukkies in 'n boek te laat druk.”
Uittreksels uit Vet se Gat!:
“Dag 09
Ek wil my polkadots aantrek sonder om soos die polkadot self te lyk!!! Ek sien die mooiste goed raak, maar weier om enige iets te koop todat ek nie aanvaarbaar daarin sal lyk nie. Dit lyk elkgeval stukke beter op die ondervoede winkelpop met haar stywe tieties as wat dit ooit aan my lyf sal lyk, al hou ek vir die volgende jaar op met eet. Daarom gaan ek vir aanvaarbaar.
Maar dan besef ek weer dat daardie winkelpop ook soms meer persoonlikheid het as daai rietskraal vrou wat my op en af kyk omdat ek dit durf waag om met my groter broeksize in die openbaar in roomys saam met my kinders te eet. En dan is ek weer dankbaar ek is nie daardie winkelpop nie. As ek effens vinniger as normaal iewers heen moet drafstap (want ek is nie die hardloop tipe nie) het goed wat op en af hop en soms langer vat om tot stilstand te kom as ek self.
En sê ek net vir myself, dat ek nie omgee om nie plank dun te wees nie. Ek wil net gemaklik wees in my klere sonder om groter sizes te gaan koop. Ek wil net gesond wees en nie my groot-gat-handsak gebruik om my holle weg te steek as ek weg stap van daardie winkelpop tannie se skerp kyk nie.
PS: En dan hoop ek daardie tannie kry vanaand so lus vir roomys dat sy met vrees wonder of sy dalk swanger is, want op 40 plus is dit nogal normaal om met vrees daaraan te dink.”
“Dag 31
Dit is seker goed om breë heupe soos 'n polisie perd te hê as jy nog moet kinders kry, maar ek is reeds 'n ouma en het hulle nie nodig nie. Ek moet een van die dae met gemak in die sand kan sit en paadjies bou en karretjies speel. En tans sit ek ek 40 karretjies se parkeerplek vol.
Dus is daardie verskoning glad nie aanvaarbaar dat ek maar my dikmelk stadium kan geniet nie omdat ek 'n ouma is nie. Nee, dit is juis hierdie tyd wat ons moet besef daar is nog te veel wat gedoen moet word wat vereis dat ek op my knieë moet staan.
En dis weer naweek en 'n groot vriend se verjaarsdag. Ek is al redelik moeg om designated driver te wees. Die voordeel hier in Hentiesbaai is dat ons sommer Hotel toe kan stap en niemand gaan stop en vra of jy 'n lift nodig het nie. Hier is dit aanvaarbaar om te loop waar jy wil wees.
PS: Daarom dat ek bang is om in Windhoek te stap. Mense stop mos en dink jy het sonder petrol gaan staan.”
Vet se Gat! word deur Coastal Print Printers Design op Walvisbaai gedruk en belangstellendes kan Laurette op 081 432 943 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie