Veteraanjoernalis sterf
Denver Kisting - Die bekroonde adjunkredakteur van New Era, Desie Heita (links op die foto), is vanoggend in ’n fratsongeluk oorlede.
Komm. Silvanus Nghishidimbwa, die bevelvoerder van die Khomasstreek, het pas die tragedie bevestig.
Nghishidimbwa sê hy is 07:00 oor die voorval ingelig.
Volgens hom is Heita se oorskot onder ’n baie swaar hek by sy huis aangetref. “Hoe dit op hom geval het, weet niemand nie.”
’n Senior kollega van Heita het aan Republikein gesê hul redaksie is nog in skok oor sy dood.
Heita het in Klein-Windhoek gewoon.
Nghishidimbwa sê sy naasbestaandes is reeds oor sy dood ingelig.
Hy sê die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie