Veterane eis aanstellings in topposte
Veterane van die bevrydingstryd het werkservaring en militêre en akademiese opleiding, maar hulle voel die regering waardeer nie hul ervaring en kwalifikasies nie.
Tuyeimo Haidula op Embandu
Die president van die Namibiese Vereniging van Veterane uit die Vryheidstryd (NNLVA), mnr. Ben Shikongo, sê lede van die organisasie wil in strategiese poste of in direksies aangestel word as beloning, omdat hulle vir die land se vryheid geveg het.
Shikongo sê die lede bevind hulself buite Swapo se partystruktuur en voel dat hulle, ondanks hul onskatbare bydraes en opofferings vir die land se onafhanklikheid, nie in ag geneem word nie.
Hy het onlangs op Embandu met lede van die vereniging gepraat en gesê hy het, tydens verlede jaar se Swapo-introspeksie, hul eise met pres. Hage Geingob bespreek.
Geingob het glo belowe om aan hul “redelike” eise te voldoen.
“Ons wil hê ervare veterane van die bevrydingstryd moet in strategiese regeringsinstellings en partystrukture aangestel word. Die veterane het werkservaring en militêre en akademiese opleiding wat uit verskillende wêrelddele verkry is, maar voel steeds die regering waardeer nie hul ervaring en kwalifikasies nie,” het Shikongo gesê.
Hy sê die meeste oorlogsveterane is haweloos, arm, liggaamlik gestremd en is deur hul gesinne verlaat. Diegene wat gesinne moet ondersteun, kan weens die beserings wat hul tydens die oorlog opgedoen het, nie produktiewe mense wees nie.
“Ons het vir hierdie land geveg en daar moet – waar moontlik – aan ons eise voldoen word. Waarom moet mense ly? Kan hulle nie op direksies aangestel word nie?” het hy onder luide toejuiging gevra.
Shikongo het gesê geen lid van die People's Liberation Army of Namibia (Plan) is by die Fishrot-skandaal betrokke nie, wat bewys dat hul stryd “eg en vir die liefde vir die land” was.
Hy het beklemtoon die oorlogsveterane is bekommerd oor Swapo se verdeeldheid en die gebrek aan dissipline in die regerende party.
Shikongo het voorgestel diegene in magsposisies kan die oorlogsveterane aanstel om seker te maak hulle herstel orde in die land, “want ons kan nie toelaat dat leiers soos voormalige pres. Sam Nujoma deur jongmense geminag word nie”.
Die stigting van die ministerie van veteranesake in 2006 het 'n instelling geïmplementeer om alle aspekte in verband met veteranesake te hanteer en te administreer.
Shikongo het gesê die ministerie moet spoedig aan die veterane se eise voldoen terwyl hulle nog leef, aangesien die meerderheid reeds bejaardes is. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie